Logo
Phil 101 slim
web uni tv guide

Phil 101

145KomediePG13L
Phil 101

Manie Kraaywinkel

Manie is minder van ’n ernstige bedreiging en nader aan Phil. Meestal die buffoon-karakter wat op sy perdjie spring en die lewe vir dié om hom moeilik maak, maar soms word hy ’n werklike bedreiging.

Manie is voorspelbaar en as sulks kan hy maklik gemanupileer word – iets wat Knipoog al te goed weet.

Normaalweg stil en teruggetrokke, maar die mense in die kantoor sal aanhoudend op sy knoppie druk tot hy reageer. As Manie eers iets besluit het, is dit moeilik om hom anders te laat besluit.

Manie is geskei, ’n teerpuntjie vir hom – en iets wat Jurie graag in sy gesig gooi, aangesien Jurie sy voru se prokureur was. Hy is ook ietwat bitter omdat hy voel hy moes Phil se posisie beklee.