Logo
Phil 101 slim
web uni tv guide

Phil 101

145KomediePG13L
Phil 101

Jurie de Klerk

Jurie is jou tipiese prokureur – glibberig, gladdebek maar tog aangenaam, op ’n American Psycho-manier. 
Hy is Knipoog se hoofbondgenoot in die geveg teen die Filosofie-departement. Hierdie spreek tot Jurie se karakter; hy soek mense met mag uit, help hulle om hulle doel te bereik en gebruik hulle dan tot sy voordeel daarna. 
Jurie is SUSA royalty. Beide sy pa en oupa was rektor op die universiteit, en dis Jurie se doel om so gou as moontlik in hulle voetspore te volg.