Logo
Phil 101 slim
web uni tv guide

Phil 101

145KomediePG13L
Phil 101

Jeanne le Roux

Jeanne hou daarvan om dinge rationeel en op ’n logiese manier aan te pak. Sy hou van feite, en is nie een om op gerugte of stories te reageer nie. Sy is nie een met baie vriende nie, maar die wie sy wel koester beskerm sy soos ’n tierwyfie.

Sy staan vir niemand terug nie en het al mooi geleer hoe om haar kollegas te hanteer én te beheer. Sy’s die een wat gewoonlik die vrede in die kantoor bewaar, veral as dit by Manie en Braam kom, maar somtyds raak sy so keelvol vir die twee dat sy haarself net ontrek.

Sy sit ongelooflik baie moeite in alles wat sy doen – nie net haar werk nie, maar haar rol as moederhen, hetsy dit is om ’n argument op te los of haar kollegas te oortuig om vir ’n drankie te gaan wanneer sy dink die dag verdien dit.

Sy’t ’n skerp tong en is vinnig om mense te call op hulle nonsens. Jeanne is Phil se hoof – wel enigste, love interest.

Jeanne se filosoof is Aristotle, die student van Plato, wie presies die teenoorgestelde uitgangspunt as sy leermeester gekoester het. Waar Plato droom van ’n ideale wêreld, neem Aristotle die wêreld om hom met sy sintuie waar en verklaar dat dit al is wat daar is. Dis juis waar Phil en Jeanne bymekaar verby lewe, sy is ’n Aristotiliaanse realis en hy ’n Plato-gesentreerde idealis.