Logo
Oppiestoep
web uni tv guide

Oppiestoep

145GeselsprogramPG

Kykers gesels saam – Arendsvlei

Nuus
14 Desember 2018
Lees meer.
Kykers gesels saam – Arendsvlei

                                                                                     FOTO: Melanie reageer op skokkende nuus

Die Arendsvlei-kykers hou die geselskap behoorlik aan die gang op Twitter met hulle vlymskerp kommentaar en komiese reaksies op alles wat in dié program gebeur. Met al die drama wat omlangs Arendsvlei onlangs getref het, was dit gepas om nóg ’n lys van ons gunsteling-reaksies te maak!

Ronel, vertolk deur Melanie du Bois, het diep in kykers se harte ingekruip oor haar verhouding met haar seun, Lee-Roy.

Elke kyker ken hierdie gevoel.

Só reageer jy wanneer Early B ’n draai maak in Arendsvlei.

Samantha se gedrag ná die dood van haar pa het baie kykers se monde laat oophang.

Hierdie is definitief nie die enigste kyker wat nie kan wag vir Wesley om weer te verskyn nie!

Wendy se speletjies los ’n bitter smaak in almal se monde.



So ook Wendy se partner in crime.

Clarissa se stalker vibes het weer komiese reaksies ontlok.

Tussendeur al die lag en huil, is daar ook ’n groot dankbaarheid vir die Arendsvlei-span.

Skakel in vir Arendsvlei, Maandae tot Woensdae om 20:00, slegs op DStv-kanaal 145. Indien jy dit gemis het, skakel Sondae om 16:00 in vir die Arendsvlei-omnibus. Volg ons op Twitter, Facebook en Instagram, en gesels saam deur die hutsmerk #Arendsvlei te gebruik.