Logo
OME S2 Slim BB Web Uni
web uni tv guide

Op My Eish!

144Realiteit13 L

Leyla van Greuning

📆  23
📍  Johannesburg
💼  Digitale bemarker

Hoekom het jy ja gesê toe die vervaardigers jou genader het?

In die begin van die jaar het ek besluit dat ek hierdie jaar myself gaan uitdaag om uit my gemaksone te kom, en toe hierdie geleentheid opdaag, toe gryp ek dit aan. Ek is defnitief ’n kansvatter omdat ek die meeste van my lewe wil maak.  Ek wil nie eendag dink ek MOES nie, ek wil weet ek HET. 

Het jy van Francios geweet voor die program?

Nee, ek moes hom gaan stalk op sosiale media.

Was jy senuweagtig om die ander dames te ontmoet? Hoekom?

Nee glad nie, ek is beslis ’n mense-mens en geniet dit om nuwe mense te ontmoet.

Wat was jou game plan?

Ek het nie ’n game plan gehad nie. Ek het van die begin af besluit om net myself te wees en 100% te gee.

Deidre – Op my eish! 2
Elaine – Op my eish! 2
Leyla