Logo
OME S2 Slim BB Web Uni
web uni tv guide

Op My Eish!

144Realiteit13

Ons almal wil ‘n Hotel-wegbreek hê

Nuus
09 Junie 2022
Hoe om ‘n vyf ster hotel na te boots by die huis.
Women opening hotel room curtains to reveal a scenic, beachfront view.

Nykie en Francois se besoek aan die luukse Kruger Shalati het ons ook laat smag na ‘n aand by ‘n vyf ster hotel, maar as só besoek bietjie buite jou begroting is, moet nie bekommerd wees nie.

Hier volg ‘n paar idees en wenke om jou huis soos ‘n hotel te laat lyk en voel:

  • Skaf beddegoed aan wat van ‘n hoë gehalte is, verkieslik wit en hou die res van jou slaapkamers minimalisties gemeubileer met net ‘n paar oulike dekor-items.
  • Skaf mooi blomme aan en sit dit in ‘n mooi vase, waar jy gereeld die geur van die vars blomme sal kan ruik.
  • Bederf jouself met lekker-ruik kerse, wat jy kan aansteek, net omdat dit lekker ruik en nie omdat die krag (alweer) af is nie.
  • ’n Ander maklike verandering om te maak, is om te belê in ‘n snoesige, luukse kamerjas en pantoffels om te dra. Hierdie lei na ons volgende punt, wat is:
  • Bederf jouself met ‘n luukse stort of bad waar jy lekkerruik middels gebruik, soos  ‘shower bombs’, badsout of ‘bubble bath’. As jy ekstra weelderig wil wees, kan jy selfs ‘n gesigmasker aanwend.

Soms voel dit net asof jy ‘n breuk nodig het van jou alledaagse lewe en roetines. Dit is eintlik maklik om jouself te verbeel dat jy jouself in ‘n weelderige hotel bevind waar jy volkome kan ontspan en uitrus.

Bederf jouself dié naweek met ‘n hotel-dag of maak die veranderinge om permanent jou ruimte te omskep soos ‘n hotel s’n.

Rus dié naweek uit deur Op my eish! te ‘binge’ op die DStv-app en onthou om elke Donderdag om 20:00 in te skakel op kykNET, kanaal 144 om te sien hoe Francois Jacobs se soektog na liefde vorder.