Ontmoet Anel Marais – Kokkedoor Vuur & Vlam: OnthoubraaierAnel is gebore en getoë in die Noord-Kaap en sy ken haar pad rondom kos. Sy is ’n trotse ouma en ’n raakvatter wat haar MPhil in gemeenskapsontwikkeling verwerf het. Anel het skooltyd reeds in ’n slaghuis gewerk. Sy doen deesdae spyseniering.