Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 42: Doenige Dinsdag - Kwarantyn

Nuus
21 Julie 2020
Hier is wat gebeur het.
S1 D41 53

Die dae raak min vir Span Scheepers en Span Le Roux in Kwarantyn, maar dit beteken nie hul laaste week gaan maklik wees nie. Die Opsigter is nog nie klaar om albei spanne uit te daag nie, en vandag was geen uitsondering nie. Die dag het begin met ‘n peiling, wat vra of Adriaan vandag Manie se kortbroekies moet aantrek. Natuurlik het almal gestem dat Adriaan vandag moet been wys.

Terwyl dit afspeel het die Scheepers ‘n baie spesiale oproep ontvang van hulle familie buite die Scheepers-huis.

Vandag se groepstaak was weer een wat kreatiwiteit en kennis uitdaag, toe albei spanne vlieërs bou wat sweef in die wind.

Maar dinge het nie volgens plan verloop nie, danksy ‘n windstil dag in Johannesburg. Dit beteken Die Opsigter moes maar eerder besluit wie se handwerk die mooiste is, en nie noodwendig wie se ontwerp kan vlieg nie. Span Le Roux het 1000 punte gewen met hul mooi ontwerpe.

Maar die grootste uitdaging nog was in Die Opsigter se visier, toe albei spanne ‘n bondeltjie [huilende] liefde ontvang. Dié babapoppe is verskaf deur Edit Microsystems, en doen alles wat ’n regte baba doen: Dit huil, maak vuil, word honger, soek liefde én kry winde.

LEES OOK: BABANAME VIR ‘N PANDEMIE

Die poppe het gesorg vir eindelose wenkbroue wat lig soos almal probeer ontsyfer hoe die babas eintlik werk.

Terwyl die babas skree en aandag soek, was dit ook tyd vir nog ‘n rondte Koskenades, en die keer is dit Ham en 3 bone sop met varsgebakte basiliekruid pesto vlegselbrood. Albei spanne kon betyds alles klaar maak, maar weer het die Le Roux’s hulself bewys as goeie sjef’s toe hulle nog 1000 punte kon wen danksy hulle wonderlike brood.

RESEP: HAM EN 3 BONE SOP MET BASILIEKRUID PESTO VLEGSELBROOD

Maar dit was nie ‘n nederlaag vir Span Scheepers nie, want Austin het ‘n baie belangrike video ontvang, waar Emo Adams hom nooi om sy eie aanlyn konsert aan te bied. Daar was amper nie ‘n droog oog nie.

Vanaand se speletjiesaand was weer Pictionary, en die Le Roux’s het weer gewen, en nog 1000 punte ontvang. Dit beteken Span Le Roux het 3000 punte deur die dag ontvang. Maar hulle moet ook vanaand, soos Span Scheepers na ‘n baba omsien. Hier kom groot pret.

LEES OOK: RAAD VIR NUWE OUERS

Elke Maandag, Dinsdag, Donderdag, Vrydag en Saterdag word die daaglikse hoogtepunte op kykNET&kie, DStv-kanaal 145, uitgesaai. Elke Woensdag is dit die weeklikse hoogtepunt-episode om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144 – moet dit nie misloop nie. 

Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.

Onthou om te stem vir jou gunsteling-familielid van Woensdag, 21:00 tot Maandag, 22:00 op jou rekenaar, jou selfoon, per SMS of op die DStv-app. Elke platform bied vir jou 100 unieke stemme.