Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 40: Potte wat prut - Kwarantyn

Nuus
19 Julie 2020
Is daar enige iets beter as potjiekos?
Pot cover

Laat die potte prut!

As jy in Suid-Afrika bly en aan Sondagmiddag kos dink, dan dink jy beslis aan potjiekos.

Daar is ook gewoonlik ‘n meester potjie sjef in elke familie met resepte wat oor jare en generasies bemeester word.

Daar is talle tegnieke en tradisies as dit by hierdie ikoniese dis kom, maar selfs die ou hande sal jou vertel dat ‘n goeie fondasie en die beginsels dieselfde bly.

Kom ons kyk na twee van hierdie beginsels.

‘n Nuwe pot moet eers voorberei word.

Voor jy opgewonde raak oor potjiekos maak en jou splinternuwe potjie uit die boks uit haal. Onthou dat enige nuwe pot eers ingebreek moet word.

Stap een: Was die potjie deeglik met kookwater en ‘n skuur blokkie (of skuurpapier) en maak hom droog oor ‘n hitte bron.

Stap twee: Bedek die binnekant met kookolie en verhit totdat die olie begin rook.

Stap drie: Vee die binnekant skoon met papierhanddoeke. Herhaal totdat die handdoek skoon vee.

Stap vier: Kook ‘n mengsel van groenteskille of oorskiet vir ‘n paar uur en gooi dit af na die tyd.

Na elke gebruik moet die pot met warm seepwater gespoel word en die binnekant met olie of vet bedek word om roes te voorkom.

Bou hom soos ‘n huis.

Dit is belangrik om jou bestanddele in lae te pak wanneer julle potjiekos maak. Vleis moet eers bygevoeg word en deeglik geseël word. Sodra die vleis amper gaar is, voeg die uie, knoffel, kruie en vloeistof by. Die groente laag word dan bo op die vleis geplaas en die pot word gelos om sy ding te doen.

Daar is baie opinies oor hoe om die perfekte potjiekos te maak en nog meer oor watter vleis die beste pot maak. Sommige mense verkies ook ‘n hout vuur as hulle hitte bron waar ander nie omgee om hom op die stoof binne die huis te laat prut nie. Van die ou kenners sal ook lank staan en stry oor of die pot geroer moet word of nie.

Al wat ons weet is dat daar niks so lekker is as ‘n potjiekos reuk wat jou mond van vroeg af laat water en die samesyn van ‘n lekker Sondag middagete nie.

Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.

Onthou om te stem vir jou gunsteling-familielid van Woensdag, 21:00 tot Maandag, 22:00 op jou rekenaar, jou selfoon, per SMS of op die DStv-app. Elke platform bied vir jou 100 unieke stemme.

Elke Maandag, Dinsdag, Donderdag, Vrydag en Saterdag word die daaglikse hoogtepunte op kykNET&kie, DStv-kanaal 145, uitgesaai. Elke Woensdag is dit die weeklikse hoogtepunt-episode om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144 – moet dit nie misloop nie.