Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 4: Hardekole – Kwarantyn

Nuus
13 Junie 2020
Ons wil nóú braai...
Stand up Kwarantyn

Foto: Getty Images

Teen dié tyd weet ons ons Kwarantyn-families is ietwat uiteenlopend, en sorg vir heerlike vermaak. Vandag sorg hulle egter vir heerlike geure op die kole.

Na ’n ysige kuier om die ontbyttafel, en na ’n lewendige oefensessie gelei deur Kel-cee, is ons twee families deur die Opsigter aangesê om hulle braaivernuf vir die hele Suid-Afrika te wys.

LEES OOK: DAG 4: SATERDAG-KASKENADES

Vanaf 11:30 het ons ons kykers die kans gegee om self te besluit of ons famielies vandag nagereg verdien, en die resultate is in:

1592047044 33 peiling 4


Om 20:15 vanaand is dit weer tyd vir speletjiesaand! Vanaand geniet ons die eerste weergawe van Grapjas, waartydens die Le Roux’s en die Sheepers-familie mekaar moet vermaak. Ja, die Opsigter is op soek na vermaak uit die boonste rakke.

Drie familielede uit elke huis word gekies om ’n komedieskets van twee tot drie minute voor te berei. Die Le Roux-familie sal eerste aan die beurt wees, en dan is dit die Scheeperse se beurt om die ‘verhoog’ te betree.

Die familie wat ons Opsigter laat lag dat die trane loop, ontvang 1 000 punte, én ’n R5 000-Takealot-geskenkbewys. Hiermee kan die wenspan koop net wat hulle wil ...

Onthou, ons families benodig jou op Instagram! Maak seker om jou gunsteling-familielid te volg om sodoende iets vir hulle gerief beskikbaar te stel in die huis.

1592048587 34 kwarantyn ig handles

Kwarantyn sal vanaf Woensdag 10 Junie om 21:00 elke dag en heeldag op kykNET se nuutste opwipkanaal, DStv-kanaal 149, uitgesaai word.

Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ‘n 48 minuut lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word. Bly hier op hoogte.

Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke, #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.