Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 34: Stomstreke word beloon – Kwarantyn

Nuus
13 Julie 2020
Só het dag 34 verloop.
Dag 34 Kwarantyn

Dis dag 34 in Kwarantyn, en vandag wou ons weet wie vir die hele dag nie ’n woord mag sê nie. Die uitslae was as volg:

1594667353 34 dag 34 peiling 1


Vir Austin was dít ’n baie groot aanpassing. Sy reaksie, sowel as die res van die Scheepers-familie s’n, het gesorg vir genot vanuit die boonste rakke. Ons kon nie help om te wonder of hy dit gaan regkry nie. Kyk hier hoe hanteer hulle die nuus.

Intussen was dit tyd vir die daaglikse nuusflitse in die Le Roux-huis, en pa Braam se aflewering hiervan gaan ons vir lank nog bybly. Kyk die video hier.

KYK OOK: LAWWE LISA IS VROEG AAN DIE GANG

Hierna was dit tyd vir ons daaglikse oefensessie, en vandag was dit ietwat anders benader: Die opsigter het aangekondig dat die jong klomp in die sitkamers moes oefen, terwyl die ouer klom solank moes begin met ’n gedeelte van vandag se koskenades. En op die spyskaart: Boule Chocolat au Crumble de Fraises, ’n Franse sjokoladekoepel-poeding. 

KYK OOK: TJOEPSTIL AUSTIN EN SY TOLKE

Hierna was dit tyd vir ons familielede om die groepstaak aan te pak, en teen dié tyd weet ons Maandae raak ons kunsinnig in Kwarantyn. Vir vandag se uitdaghing moes beide families drie skilderye van spookhuise verf, maar soos altyd was daar ’n kinkel in die kabel: Geen verfkwas mag gebruik geword het nie. Wees dit nou met die hand, met die voet, of selfs met die elmboog –  enige deel van die liggaam mag gebruik geword het, en die oplossings waarmee sommige van die familielede voorendag gekom het, was verbasend.

Kyk hier onder:

Wat dink jy van die eindprodukte? Blaai hier onder deur die Scheepers-familie se skeppings:



Lisa en Adriaan se kunswerke het die opsigter so beïndruk dat huis-Le Roux weggestap het as wenners van dié uitdaging. Blaai hier onder deur die Le Roux-familie se kunswerke en kyk hier hoe verloop die groepstaak:


Hierna was die Scheepers-familie verras met ’n video van Max in sy nuwe huis. Kyk die video hier onder:


Later is Austin die kans gegee om sy spraak terug te kry deur in die swembad te spring. Die opsigter se boodskap was nog nie eers klaar gelees nie toe is Austin al oppad swembad toe. Herleef die oomblik hier.

In ons tweede peiliing wou ons weet of julle dink die spanne moes wegkruipertjie speel.

1594666348 34 dag 34 peiling 2


Met dié vraag het die opsigter ’n plan in die mou gevoer, want terwyl hulle speel, was daar heerlike diepgebraaide hoender in die stoorkamer ingesluip. Kyk hier hoe speel hulle wegkruipertjie.

Dit was die Le Roux wat eerste bewusgemaak was van dié lekkernye, en terwyl hulle aangesit het, het die Scheepers na hulle vanuit hulle huis gekyk. En die Scheepers-familie se reaksie was onvergeetlik. Herleef die oomblik hier

Die beste poeding was vanaand 1000 punte werd, en die opsigter was so beïndruk met beide families se poedings dat albei weggestap het met 500 punte. 

Vir speletjiesaand het die opsigter by die tema vir die dag gehou: En vir 1 000 addisionele punte moes hulle vanaand stomstreke speel. Stomstreke werk as volg: Daar is 20 koeverte in 'n boks geplaas. Met elke rondte moet ’n familielid een trek. Op die koevert is ’n nommer. In die koevert is daar ’n kaartjie met drie leidrade op. Almal in die familie moet die kaartjie eers sien. Sonder om ’n woord te sê moet die families soveel van die leidrade moontlik uitspeel aan een van die familielede wat gekies is om op die verhoog te staan. Hierdie einste persoon moet binne 30 sekondes raai wat die familie probeer verduidelik. 

Dit was die Le Roux-familie wag weggestap het as wenners van stomstreke.



Onthou om te stem vir jou gunsteling-familielid van Woensdag, 21:00 tot Maandag, 22:00 op jou rekenaar, jou selfoon, per SMS of op die DStv-app. Elke platform bied vir jou 100 unieke stemme.

Elke Maandag, Dinsdag, Donderdag, Vrydag en Saterdag word die daaglikse hoogtepunte op kykNET&kie, DStv-kanaal 145, uitgesaai. Elke Woensdag is dit die weeklikse hoogtepunt-episode om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144 – moet dit nie misloop nie. Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.