Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 34: Dit was 'n Le Roux dag - Kwarantyn

Nuus
14 Julie 2020
Die Le Roux familie wen die hele dag. Lees meer hier.
wrap up

Elke Le Roux kry sy dag.

Maar vandag het #SpanLeRoux met die hele dag weg gehardloop.

Ons het vroeg begin met die kykers wat besluit het op Lisa se haarstyl van die dag.

Altyd vol grappe en streke die Le Roux dogter. Ons kon nie vir Lisa in ‘n beter uniform vir die dag voorstel nie.

Oom Braam het almal op en wakker gekry met ‘n lekker militêre-styl oefen sessie in die gazebo.

In vandag se groepuitdaging het die poppe ordentlik gedans! Beide families was die taak gegee om ‘n poppekas op te voer met papier poppe wat hulle self moes maak.

Die opsigter was baie beïndruk met die Le Roux familie se Centurion padda en sy mede-diere maats en sodoende het #SpanLeRoux 1000 punte los geslaan.

Na ‘n opwindende dag van speel en poppe het die Opsigter ‘n boks vol snaakse bestanddele vir die families afgelewer en daar was gevra om sushi vir Koskenades te maak.

Dit vat tussen 2 en 20 jaar vir egte Japanese sushi-meesters om hulle kleure in hierdie fyn kuns te kry. Ons families het vandag slegs 2 ure gehad om vir die Opsigter ‘n verskeidenheid sushi stukkies te maak.

Ons was ook baie beïndruk met beide families se pogings, maar dit was weereens #SpanLeRoux wat met nog 1000 punte weg gestap het.

Vanaand se speletjie was Pictionary en die spanne het beide lekker warm in die Scheepers se sitkamer gespeel. Dit sou nie Kwarantyn gewees het sonder ‘n kinkel in die kabel nie, en vanaand was nie ‘n uitsondering nie. Die spanne was gesê om met hulle sekondêre hande te teken en ons het ‘n paar lefties gesien sukkel met die uitbeelding van hulle prentjies.

Weereens het die Le Roux familie gewen en hulle dag totaal tot by 3000 punte gestoot.

Baie geluk Le Roux familie. Ons sien uit na nog ‘n dag in die Kwarantyn huise.  

Wat dink jy van ons twee families se doen en late in Kwarantyn? Laat weet ons op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke, #Kwarantyn.

Onthou om te stem vir jou gunsteling familielid van Woensdag 21:00 tot Maandae 22:00 op Web, Mobi, SMS en App

Onthou elke Maandag, Dinsdag, Donderdag, Vrydag en Saterdag word die daaglikse hoogtepunte op kykNET&Kie (Dstv kanaal 145) uitgesaai en elke Woensdag is dit die weeklikse hoogtepunte om 20:00 op kykNET, kanaal 144.