Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 32: Die huise sing Elvis - Kwarantyn

Nuus
11 Julie 2020
Elvis het beslis nie hierdie gebou verlaat nie.
Cereal Boxes (5)

Die families het vanaand die 60s en 70s besoek met ‘n spesiale Elvis Presley karaoke Saterdag.

Op een of ander manier is ons almal al blootgestel aan Elvis Presley. Daar is baie min mense oor die wêreld wat nog nie een van hierdie ikoon se talle treffers gesing of gehoor het nie.

Wat Elvis ‘n musiek legende maak, is nie net die ongelooflike invloed wat hy op rockmusiek gehad het nie, maar ook die kontroversiële lewe wat hy as sanger gehad het. Of dit sy seksuele invloed of sy dwelmverslawing was, daar was soveel meer aan hierdie talentvolle jong man as net sy stem.

As gevolg van ons nuuskierigheid het ons ‘n paar interessante feite oor die legende opgegrawe.

Ons het amper twee van hom gehad.

Elvis was op 8 Januarie 1935 gebore as een van ‘n identiese tweeling. Sy broer, Jesse Garon Presley, was ongelukkig doodgebore. Elvis het toe as enigste kind groot geword, maar het deur sy hele lewe gepraat oor sy tweeling boetie.

Hy kon jou ‘n taai klap of twee gee.

Nie net het die ikoon se stem ‘n kalmerende effek op skare gehad nie, maar hy kon ook amok maak as hy sou wou. Terwyl Elvis sy militêre pligte nagekom het in 1985, het hy karate geleer en ‘n swart belt verower.

Nooit te vêr van die huis af nie.

Met ‘n beroep wat oor 2 dekades span is dit moeilik om te glo dat hy nie die hele wêreld rond getoer het nie. Maar Elvis Presley het net 5 opvoerings buite die VSA gedoen, en hulle was net om die draai in Kanada.

Sing, maar skryf glad nie.

Oor die twee dekades het Elvis Presley oor die 600 liedjies gesing en opgeneem, maar hy het nie ‘n enkele een van hulle geskryf nie. Hy was krediet gegee op ‘n klomp liedjies, maar dit was slegs omdat die platemaatskappy aangedring het dat die sangers 50% krediet moet kry.

Twee jaar, een gereg.

Selfs voor hy al die gewig op getel het in die laaste paar jare van sy lewe, was Elvis Presley baie lief vir eet. Hy het inteendeel vir een koerant vertel hoe hy in een maaltyd soveel as twee spek en tamatie broodjies, agt burgers en drie melkskommels kon eet.

Daar was ook ‘n tyd wat Elvis vir twee jaar aanmekaar net ‘meatloaf’, tamaties en kapokaartappels gehad het vir elke maaltyd.

 

Of jy dit sal erken of nie, ons het almal al een van hierdie blouoog wonder se liedjies in ons koppe gehad of in die stort gestaan en sing.  

Sy impak op musiek was eenvoudig net te groot om hom te vergeet en ons kan nie wag om te sien wat die families vanaand met sy treffers doen in karaoke nie.

 

Hier is 'n lys van ons gunsteling Elvis treffers om julle in die regte bui te sit. 

Heartbreak Hotel -

Love Me Tender - 

 

All Shook Up - 

Blue Suede Shoes - 

Can't Help Falling In Love - 

Suspicious Minds - 

 

Kwarantyn saai vanaf Woensdag 10 Junie om 21:00 elke dag en heeldag op kykNET se nuutste opwipkanaal, DStv-kanaal 149, uitgesaai word.

Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut-lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ’n 48 minuut-lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word. 

Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke, #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.