Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 31: Lekker Lisa - Kwarantyn

Nuus
10 Julie 2020
Ons kyk terug na 'n paar Lisa oomblikke.
Cereal Boxes (4)

Lisa Le Roux. Hierdie naam gaan nog lank onthou word na Kwarantyn.

Sprankelend, snaaks, skerp en vol liefde. Hierdie jong dame het ons minstens tien keer ‘n dag aan die lag oor iets.

Die oudste van die Le Roux kinders en nou die enigste roos tussen die dorings in die huis, maak sy seker almal bly op hulle plek.

Wanneer Lisa nie sit en aan haar brei-vernuf werk nie is sy alewig besig met ‘n plannetjie of ‘n lekker gesprek met iemand anders in die huis.

Lisa en Adriaan het hulle oog op die prysgeld met die hope dat dit sal help betaal vir hulle troue volgende jaar. Klink asof hierdie die partytjie van die jaar gaan wees!

Kom saam met ons en kyk terug na van Lisa se snaakste oomblikke in die Kwarantyn huis.

Van die eerste dae op Kwarantyn. Nog baie onseker oor hoe om voor die kameras te wees. 

Die oulikste paartjie op televisie. Lisa en Adriaan is perfek vir mekaar. Altyd aan die speel en lag. 

Een van Lisa se doelwitte vir die 2 maande in Kwarantyn is om te leer brei. Sy wil graag vir 'n swanger vriendin se babatjie 'n klein truitjie maak, en soos dit lyk is sy besig om mooi reg te kom.

Ons sukkel soms om te bepaal wie die grootste grapjas tussen Lisa en Manie is. Hierdie laat ons dink dit is Lisa.

Altyd besorg oor diere, groot en klein.

Hierdie juffrou leer lewenslesse in die huis. 

Lekker verjaar! Lisa het soos baie ander hierdie jaar, haar verjaarsdag in isolasie spandeer. Gelukkig het #SpanScheepers en haar familie dit vir haar baie spesiaal gemaak. 

Dankie dat julle saam met ons die Kwaran-tyd terug gedraai het. Ons hoop julle geniet vir Lisa so baie soos ons. 

Lekker slaap Lisa.

Kwarantyn saai vanaf Woensdag 10 Junie om 21:00 elke dag en heeldag op kykNET se nuutste opwipkanaal, DStv-kanaal 149, uitgesaai word.

Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut-lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ’n 48 minuut-lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word. 

Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke, #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers, en vertel vir ons wat julle gunsteling Lisa oomblik was.