Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 20: Wat gemaak met ‘n Blou Maandag? – Kwarantyn

Nuus
29 Junie 2020
Na 20 dae in #Kwarantyn het #SpanScheepers en #SpanLeRoux talle hoogte- en laagtepunte gehad.
GettyImages 1218668458

Inperkingregulasies beteken baie mense bly eenvoudig by die huis. En al hoef net #SpanScheepers en #SpanleRoux elke dag aan groepuitdagings en koskenades deel te neem, werk meeste ander nou ook van die huis af. Maar dit beteken nie jy kan die spreekwoordelike Blou Maandag vermy nie.

Blou Maandae eis nog sy tol vir baie, so dit is belangrik om te weet hoe jy dit kan oorleef in die “nuwe normaal”.

MOENIE PENDEL NIE: Om van die huis te werk beteken nie dat daar twee of drie spasies moet wees waar jy jou rekenaar oopmaak nie. Jy is minder produktief as jy van meer as een spasie af werk. Kry vir jou ‘n doelgerigte spasie waar jy werk, iewers waar jy ver van die deur af is, en weg van familie en troeteldiere. As jy nie kan nie, vermy liefs die kombuis – dis die hart van die huis. Maak dan eerder ‘n spasie in jou slaapkamer waar jy kan werk.

GEMAK IS KONING: Rugpyn, ‘n stywe nek en ander skete en pyne is gereelde klagtes by die kantoor. Dis omdat ons gereeld werk by tafels en stoele wat nie ontwerp is met die regte ondersteuning nie. Maar jy sal nou nie jou eie duur stoel kantoor toe sleep nie? By die huis, kyk of jy ‘n geldjie opsy kan sit vir ‘n goeie stoel wat nie jou rug seermaak nie. Dit gaan werk baie meer aangenaam maak, en kan gebruik word selfs al werk jy nie van die huis af nie. ‘n Ander vinnige oplossing is om jou skerm op ‘n paar telefoonboeke te sit. As jou skerm nader aan jou oogvlak is, maak dit jou nek minder seer.

HOU DIT LIG: Maak seker jou werksarea het genoegsame lig. Slegte beligting ly tot visieprobleme wat ook hoofpyne kan veroorsaak. Maak altyd gordyne oop vir natuurlike lig, en maak ook seker daar is genoeg bykomende lig.

TREK ‘N LYN: In #Kwarantyn is Die Opsigter in beheer van #SpanScheepers en #SpanLeRoux se tyd. As jy by die huis werk moet jy self werktye aanpas. Dit maak dit moeilik om tussen werksure en familietyd te onderskei, Studies meen mense wat by die huis werk, oorwerk hulself gereeld. Om seker te maak jy doen dit nie, vat kort brekies en gaan drink iets gesond. Klein brekies is baie goed vir jou geestesgesondheid en maak jou meer produktief. Gee ook duidelikheid aan kollegas oor jou werksure om seker te maak jy sit nie laataande en werk nie, of hulle pla jou buite jou werksure nie.

LEES: Bly warm met 'n SA doepa 

OEFEN: Voor of na werk, oefen so 'n rukkie. #SpanScheepers en #SpanLeRoux het al lekker fiksheidsoefening gedeel tydens die begin van #Kwarantyn. Oefen help jou geestesgesondheid en jaag sommer enige Blou Maandag weg. Hier is ‘n paar hoogtepunte.

DANS SO BIETJIE

PRETTIGE PILATES

SPEEL SPELETJIES

Kom gesels saam op FacebookInstagram en Twitter en deel bietjie van julle babbelas raad met ons. 

Maak seker julle volg ook al die nuutste nuus en stories oor Kwarantyn met die hutsmerke, #Kwarantyn#SpanLeRoux en #SpanScheepers.

Kwarantyn sal vanaf Woensdag 10 Junie om 21:00 elke dag en heeldag op kykNET se nuutste opwipkanaal, DStv-kanaal 149, uitgesaai word.

Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut-lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ’n 48 minuut-lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word.