Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 18: Manie is volslae terug – Kwarantyn

Nuus
27 Junie 2020
In minder as ‘n week is Manie Le Roux in die hospitaal opgeneem, en ontslaan.
Dag 14: Uit die hospitaal, Manie bly Manie - Kwarantyn Image : 10547

Die jongste Le Roux is beslis ‘n klein vegtertjie. Na sy maag Sondag begin pyn het, was almal onseker oor sy welstand. Maar op dag-13 moes hy die huis verlaat.

Dit was toe bevestig dat hy onder die lem moet gaan om sy blindederm te verwyder, en die operasie was van die begin af ‘n sukses.

Op dag-17 keer hy terug met heerlike staaltjies uit die hospitaalbed. En soos getroue kykers weet, Manie is nie ‘n bang-Jan nie. Wie anders sal met ‘n erge kouefront nogsteeds met kortbroekies buite wees?

So sy hospitaal avonture was vol pret, soos toe hy een van die verpleegsters genooi het om saam hom ‘n koppie tee te drink. En natuurlik om sy nuwe sny en steke te wys.

Maar wat regtig spesiaal was is toe #SpanScheepers hom ook kon terug verwelkom. Austin het reeds op dag-17 begin balonne opgeblaas vir die jong man.

Na die verrassing het Manie ook bewys hy doen goed, met ‘n gesing en ‘n gedans, en verligting om terug te wees.

Wat is van jou gunsteling Manie-moments?

Hier is 'n paar wat uitstaan vir ons.

  1.  
  2.  
  3.  

Bly ingeskakel op kanaal 149 vir al die drama en aksie wat nog voorlê en gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.