Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 12: Vermaak vir jou en jou hondekind! – Kwarantyn

Nuus
21 Junie 2020
Hier is hoe jy jouself en jou hond kan besig hou tydens ‘lockdown’.
Untitled design (30)

Honde van regoor die wêreld kan nie verstaan waarom hulle eienaars nou heeltyd by die huis is nie, maar ons is seker hulle sou nie kla nie! Verveeldheid is wel ’n realiteit vir mense en troeteldiere tydens hierdie pandemie. Daar is egter speletjies wat jou hond kan besig hou en ook groot vermaak vir jou kan bied!

Hoe hoog kan jy spring?

’n Speletjie wat talle mense uitvoer met hulle troeteldiere is om te kyk hoe hoog hul hond of kat kan spring! Hoe doen jy dit? Hou jou leë blikkies en sit hulle langs mekaar in ’n gang, met jou hond aan die ander kant. Roep dan jou hond en laat hom of haar oor dit spring terwyl jy dit afneem met jou foon. Indien suksesvol, plaas dan nóg ‘n stel blikkies bo dit en herhaal die proses totdat jou woef nie hoër kan gaan nie! Hierdie hou nie net jou hond besig nie, maar dit kan ook ’n snaakse video maak wat jy op Facebook of Instagram kan deel met jou vriende!

Die Doolof

Nóg iets wat groot pret kan wees vir jou en jou hond is om ’n tipe doolof maak in jou erf met enigiets wat jy kan kry. Dit sal groot pret wees om te sien hoe vining jou hond kan uitkom! Hierdie een werk veral goed as jy twee of meer honde het. Jy kan dan iets lekker vir jou hondekinders los by die uitgang en kyk wie die vinnigste daarby uitkom!

Die tennisbal-raaisel

Hierdie een is baie eenvoudig! Kry drie koppies uit jou kombuis wat groot genoeg is vir ’n tennisbal om in te pas. Sit dan die koppies onderstebo neer op die vloer en wys vir jou hond die bal. Maak seker hulle bly gefokus! Sit dan die tennisbal in een van die koppies en skommel dit rond. Kyk dan wat jou hond doen. Hy of sy mag dalk ruik aan die koppies en probeer raai waar die bal is. Indien nie, sal dit steeds goeie pret wees om te sien hoe jou woef reageer!

Onthou om ingeskakel te bly op kanaal 149 en gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.