Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 21: ‘n BLT (Baie Lekker Toebroodjie) – Kwarantyn

Nuus
30 Junie 2020
Met blaarslaai, spek en tamatie, is daar een toebroodjie wat loshande wen.
Dag 15 Vegan kookkuns word spicy

Vanaand se #Koskenades was gebou om te hou, toe elke span die perfekte spek-en-kaas toebroodjie moet bou.

Maar nie net enige broodjie nie, met brood, botter, spek, kaas, roomkaas, kouevleis, suurkomkommertjies, salami, tamaties, slaaiblare, avokado en komkommer in die spens kon almal maklik die bekende BLT (Bacon, lettuce and Tomato) opdis.

RESEP: Gourmet spek-en-kaas toebroodjie 

So ‘n broodjie is perfek, met baie vleis, stysel en groente om seker te maak jy kry bietjie van al die voedselgroepe in een mondvol.

Die broodjie stem ook ooreen met algemene Suid-Afrikaanse eetgewoontes, maar bevorder ook gesonder eetgewoontes. In 2020 het Knorr ‘n studie onderneem wat kon vasstel wat nou eintlik op ons borde is.

Tans bestaan die algemene Suid-Afrikaanse bord kos uit 41% stysel, 26% vleis en 13% groente. Die res bestaan uit vet en olies, suiwel en peulgewasse. Hierdie statistiek is landswyd amper dieselfde, maak nie saak van die provinsie nie.

Volgens die studie het Suid-Afrikaners se ontbyt die meeste stysel, terwyl aandete die meeste vleis bevat.

Die meeste landsburgers eet vleis vier keer per week, en hoender en rooivleis is bo aan die lys. Meeste gesinne eet stysel ses keer ‘n week – met brood, rys, aartappels en pap wat koning kraai.

Groente verskyn meestal net vier keer ‘n week op die spyskaart, en dis gewoonlik goedkoper groente en vrugte (soos tamaties) wat meer op Suid-Afrikaners se borde verskyn.

Dit beteken nie dat almal nie gesondheidsbewus is nie. Die selfde studie wys dat 82% van Suid-Afrikaners vind dat dit makliker geword het om gesonde kos te koop die laaste 5 jaar. Maar net 52% van mense dink gesonde kos is bekostigbaar.

Wat ook interessant is, die land is vol vleisvreters – en 84% van die bevolking eet vleis gereeld. So hulle sou nie baie van #Kwarantyn se eerste flousvleis uitdaging gehou het nie. Of dalk was die resep so oortuigend, hulle sou ook daarvoor val.

LEES: Almal maak flous-vleis

Maar 14% van Suid-Afrikaners is fleksitariërs wat tussen vleis en baie plantaardige kos wissel. Slegs 2% van die bevolking is vegetaries, terwyl net 0.1% ten volle vegan is.

Volgens die Universiteit van Cambridge behoort die perfekte bord uit 33% groente, 32% stysel, 15% suiwel, 12% vleis en 8% vet-en-olies te bestaan. 

Wanneer jy klein verandering toebring, kan jy gesondheid bevorder, en vanaand se koskenades-toebroodjie is ‘n goeie voorbeeld van ‘n gereg wat meer groente saam stysel, vleis en olie op die bord sit.

Chrislynn Ramdeo van Knorr verduidelik; “Ons moet die borde van die nasie verander want gesonde landsburgers is die belangrikste deel van ‘n nasie. As meer van ons plantgedrewe-maaltye in ons spyskaarte inwerk is ons so ‘n nasie.”

Sover in #Koskenades was groente deel van elke uitdaging, en jy kan die bestandele weer naslaan, en self jou eie gesonde #Kwarantyn-kos maak, veilig by die huis.

LEES: Kwarantyn resepte

Kom gesels saam op FacebookInstagram en Twitter en deel bietjie van julle babbelas raad met ons. 

Maak seker julle volg ook al die nuutste nuus en stories oor Kwarantyn met die hutsmerke, #Kwarantyn#SpanLeRoux en #SpanScheepers.

Kwarantyn sal vanaf Woensdag 10 Junie om 21:00 elke dag en heeldag op kykNET se nuutste opwipkanaal, DStv-kanaal 149, uitgesaai word.

Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut-lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ’n 48 minuut-lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word.