Logo
Kokkedoor Vuur & Vlam
web uni tv guide

Kokkedoor: Vuur en Vlam

144Realiteit13 L

Nog ‘n span-skommeling – Kokkedoor Vuur & Vlam

Nuus
07 September 2023
Die 7de episode van “Kokkedoor Vuur & Vlam” het geëindig met die oorblywende 5 spanne wat weer geskommel is.
Kokkedoor ep 7 article image

“Ons hoenderhok raak leeg, maar onthou dit is nie ‘n alleen-spel nie. By Kokkedoor werk ons saam, in spanne, om uit te kom by die wen plek, daardie goue Kokkedoor. So… is dit weer tyd vir span skuiwe.” 

Dit was Bertus Basson se woorde gewees aan die Kokkedoor Vuur & Vlam- deelnemers nadat Borries en LaraM hulle voorskote opgehang het. 

Die nuwe spanne lyk as volg: 

Joubert en Gert

Nicole en Mandré

Bertus en Ashley

Karen en Kevin

Nate en Cindy

Gaan dié nuwe spanne dit reg kry om die beoordelaars te beïndruk? Skakel elke Donderdag om 20:00 in op kykNET, kanaal 144 vir splinternuwe episodes van Kokkedoor Vuur & Vlam. Onthou dat dié reeks beskikbaar op DStv Stream. Gesels ook saam op Facebook, X (Twitter), Instagram en TikTok deur die huismerk, #KokkedoorVuurVlam te gebruik.