Logo
kind van die noodlot Poster 1920x1080 Landscape 1
web uni tv guide

Kind Van Die Noodlot

145Telenovela13 VL

seisoen

Kind van die noodlot Poster

Kind van die noodlot se Defne en Kahraman Yorukman is skatryk – maar kinderloos. Hul familie verstoot hulle daaroor en dit dryf Defne daartoe om ’n alternatiewe manier te vind om vir haar man ’n erfgenaam te gee: Sy besluit om ’n surrogaatmoeder te huur om ’n kind vir hulle te baar.

S2 | E45
16 Maart 20:00
'S2/E45 of 45'. Elif is in die gevaarlike hande van Soner, terwyl sy vasklou aan die hoop dat Kahraman haar gaan red. Ve...

kykNET&kie kry sy eie oorgeklankte Turkse telenovelas

News
12 Mei 2022
Twee nuwe oorgeklankte telenovelas is binnekort op kykNET&kie!
kind van die noodlot Poster 1920x1080 Landscape 1

Wêreldklas-TV word al vir dekades in Afrikaans oorgeklank. Die afgelope paar jaar is Suid-Afrika se uitmuntende oorklankvaardighede ingespan om Turkse telenovelas na plaaslike skerms te bring – in Afrikaans. Die intrige, aksie en romanse in hierdie telenovelas hou kykers vasgenael.

Nou kan aanhangers van hierdie wêreldklasstories uitsien na twee splinternuwe oorgeklankte Turkse telenovelas wat vanaf Julie 2022 op kykNET&kie uitgesaai sal word: In die ysterhand se greep en Kind van die noodlot.  

“kykNET is baie opgewonde om twee internasionale telenovelas van topgehalte in Afrikaans te bring na kykNET&kie,” sê Waldimar Pelser, M-Net-direkteur van kykNET-kanale. “Dié twee reekse, wat in Turkye vervaardig is en in Suid-Afrika oorgeklank word, het boeiende storielyne wat geen kyker onaangeraak sal laat nie. Die oorklanking van sulke groot reekse skep boonop dosyne werksgeleenthede in die Afrikaanse TV-bedryf vir talent agter die skerms en voor die mikrofoon.”

Die eerste oorgeklankte telenovela is In die ysterhand se greep [Never Let Go], wat in Turks as Asla Vazgeçmem bekend staan.

Yiğit is ’n suksesvolle sakeman wat nie in liefde glo nie. Nadat hy verantwoordelik was vir die ongeluk wat sy vrou, Iclal, in ’n koma laat beland het, ontken hy haar bestaan om emosioneel te oorleef. Hul klein seuntjie, Mert, glo sy ma is in die hemel. Dan ontmoet Yiğit vir Nur en hul raak verlief. Onbewus van Iclal, stem Nur in om met Yiğit te trou.

Op hul troudag skrik Iclal wakker...

Die tweede oorgeklankte telenovela is Kind van die noodlot.

Kind van die noodlot se Defne en Kahraman Yorukman is skatryk – maar kinderloos. Hul familie verstoot hulle daaroor en dit dryf Defne daartoe om ’n alternatiewe manier te vind om vir haar man ’n erfgenaam te gee: Sy besluit om ’n surrogaatmoeder te huur om ’n kind vir hulle te baar.

Dié oorgeklankte telenovela staan in Turks bekend as Belahan Jiwa Kahraman [A Part of Me] en sal uit 148 episodes bestaan.

“Die toevoeging van dié twee Turkse reekse is deel van groot hernuwing by kykNET&kie, ’n kanaal wat sy kykers ook vanjaar op verskeie opwindende nuwe plaaslik vervaardigde programme sal trakteer. Ons wil ons kykers die beste van twee wêrelde gee – internasionale glans in Afrikaans, asook plaaslike stories en vermaak wat in Afrikaanse gemeenskappe geanker is,” voeg Pelser by.

kykNET het ook in 2020 die taak aangepak om gewilde animasierolprente in Afrikaans oor te klank en uit te saai. Oorgeklankte flieks soos Wiekie die Viking en die towerswaard en Die meerminprinses het groot genot aan die jongspan verskaf. 

Nuwe programme vir kykNET&kie sal later vanjaar aangekondig word. Hou kykNET&kie se Facebook-blad vir verdere inligting rondom skeduleveranderinge dop.

In die ysterhand se greep en Kind van die noodlot sal vanaf Julie 2022 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai word.

Nog Programme