Logo
Jol met Ricky
web uni tv guide

Jol Met Ricky

145VermaakPG

seisoen

1

Jol met Ricky

In die nuwe vermaak- en speletjiesprogram, Jol met Ricky, gaan bekendes ’n ander, jolige kant van hulle persoonlikhede wys.

S1 | E13
31 Maart 19:30
'S1/E13'. Ricky se goeie vriend en kompetisie vir die aand is bekende Rugby 7's baas Chris Dry. Ricky se laaste bekende ...

Kom Jol saam met Ricky en Hunter – Jol met Ricky

News
25 November 2022
Dis 'n vermaak- en speletjiesprogram wat jy nie wil misloop. Van die afdelings in die program sluit in bekende gaste wat om ’n resiesbaan jaag.
Hunter Plaatjies en Ricky Schroeder

Daar is nie ’n Suid-Afrikaner wat nie presies weet wat die woord “jol” beteken nie, maar vir die wat dalk nie weet nie: Jol is ’n goeie tyd, ’n plesierigheid, kuier laat die biesies bewe, lag en die lewe vier.

In die nuwe vermaak- en speletjiesprogram Jol met Ricky, wat van Vrydag 6 Januarie om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) te sien is, gaan bekendes ’n ander, jolige kant van hulle persoonlikhede wys.

Ricky Schroeder, ’n voormalige professionele rugbyspeler en deesdae ’n bekende stem op radio, is die man wat die leisels bymekaar gaan hou en die aktrise Hunter Plaatjies is die DJ wat vir die musiek gaan sorg. Ricky was voorheen op Tussen Ons te sien as die vloerbestuurder wat elke nou en dan saam met die dames gesels het, terwyl hy steeds as SuperSport kommentator op rugby wedstryde werk.

“Ek kan nie wag dat almal sien hoe ons gunsteling-beroemdes my in nostalgiese games kom challenge nie,” sê Ricky. “Ons gaan lag, ons gaan speel, ons gaan mekaar leer ken en lekkerste van alles: Ons gaan JOL!” 

Jol is regtig ’n jol,” sê Hunter. “Dit is die eerste keer wat ek deel van ’n speletjiesprogram is en ook die eerste keer wat ek Hunter Plaatjies is en nie ’n karakter is nie. Dit was só ’n plesier. Die program is ’n vars briesie omdat ons ’n ander kant van die gaste sien en beleef hoeveel pret hulle kan hê. Ek het dit ook baie geniet om die DJ te wees. Dis iets wat ek nog altyd wou doen!” 

Die program het verskillende afdelings onder meer flitsvrae, ’n rit op ’n meganiese bul en ander speletjies wat met elke program anders is. In Blitsbaan gaan die bekende gaste elkeen ’n beurt kry om om ’n resiesbaan te jaag. Hulle tye gaan dan op ’n tellingbord en aan die einde van die reeks sal daar gesien word wie die kampioen is.

Die kunstenaar en illustreerder Elanie Bieldt is met elke program in die ateljee en doen ’n karikatuur van elkeen van die gaste wat hulle aan die einde van die program kry om huistoe te neem.

Van die gaste op die program is Ricky se vriend en voormalige spanmaat Juan de Jongh, die akteurs Jarrid Geduld, Dean Smith en Gantane Kusch, die TV-aanbieder Vanes-Marie du Toit, radio- en TV-aanbieder Tracey Lange en die komediant Shimmy Isaacs.

Jol met Ricky begin op Vrydag 6 Januarie om 19:30 op kykNET&kie, DStv-kanaal 145.

Nog Programme

KLOP! aanbieders

KLOP!

18:00 | 21 Apr
web uni tv guide
Kanaal
145