Logo
In die ysterhand se greep slim BB
web uni tv guide

In Die Ysterhand Se Greep

145Telenovela13 VL

kykNET&kie skedule-verandering: Spitstyd

Nuus
06 Oktober 2020
Daar is ’n paar veranderinge in die kykNET&kie skedule waarop jy moet let.
Aarendsvlei Billboard 2560x490

Sedert Maandag 5 Oktober sal van jou gunsteling kykNET&kie (DStv-kanaal 145) programme tydens die weeklikse spitstyd (17:00 – 21:00) in nuwe tydgleuwe steeds al die drama en vermaak aan kykers bring.

Voortaan skuif Egoli na ’n vroeër tydsgleuf om 17:00 waar kykers steeds die daaglikse drama van die goudstad-bewoonaars kan beleef. Die gewilde geselsprogram, Tussen Ons, wat ook vanaf 5 Oktober ’n nuwe baadjie aangetrek het met nóú vier episodes per week in stede van slegs een, sal Maandae tot Donderdae om 17:30 wys.

Steeds sal die Tussen Ons-aanbieders, Tracey Lange, Zelda Grange, Kay Karriem, Success Lekabe en Ingrid Jones, elke Maandag en Woendag oor relevante onderwerpe gesels met gaste, terwyl Dr. Darren Green op Dinsdae Tussen Ons Medies aanbied waar hy kykers sal inlig oor verskillende kwale, mediese toestande en hul met nodige wenke toerus. Donderdae sal Tracey met Tussen Ons #TBT bietjie nostalgies raak met plaaslike sterre wat kykers sal vermaak met hul talente.

Suidooster sal steeeds van Maandae tot Vrydae speel om 18:30 gevolg met die nuus in Afrikaans op ENuus om 19:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145).

Die gewilde kykNET&kie telenovela, Arendsvlei, skuif na 19:30 met die afskop van die derde seisoen waarin dit voorts van Maandae tot Donderdae uitsaai op kykNET&kie. Meer dae, meer drama!

En vanaf Woensdag 7 Oktober kan kykNET&Kie-kykers ook inskakel vir ’n nuwe realiteitsprogram, Die Uitnodiging, om 20:00 waarin aanbieder, Cato Bekker, kyk of sy mense kan help om vrede te maak nadat hul verhouding(s) skipbreuk gely het. Die kykNET&kie geselsprogram, KLOP!, sal steeds elke Woensdag om 20:30 uitsaai met aanbieder, Heinrich Wyngaard.

Daarby skuif die sepies, Binnelanders na 21:00 en Getroud met Rugby na 21:30, op kykNET&kie (DStv-kanaal 145).

Volg kykNET&kie (DStv-kanaal 145) op Facebook, Instagram en Twitter.