Logo
Grondpad geloof sp bb
web uni tv guide

Grondpad Geloof

144DramaPG13

seisoen

1

Grondpad geloof poster

In "Grondpad geloof" gaan Dana op ’n verkenningsreis met godsdiens, geloof en die Afrikaanse susterskerke. 

S1 | E8
22 Oktober 20:00
'S1/E8'. Dana besoek Stellenbosch en praat met die Spoegwolf sanger Danie du Toit en sy predikant-oupa, ook Danie, oor h...

Dana Snyman gaan op ’n geloofsreis in nuwe kykNET-reeks – Grondpad geloof

News
15 Junie 2023
As storieverteller het Dana die reeks aangepak oor dit vir hom nóg ’n manier was om ’n boeiende verhaal te vertel.
Grondpad geloof 4

“Ek is ’n predikantskind en het oor die jare heen kerklos geword. Ek stoei knaend met onsekerheid oor my geloof. Ek dink tog op pad het ek heelwat antwoorde op my vrae gekry.”

Só sê die bekroonde skrywer en joernalis Dana Snyman oor sy nuwe reeks, Grondpad geloof, wat later vanjaar op kykNET uitgesaai gaan word.

In Grondpad geloof gaan Dana op ’n verkenningsreis met godsdiens, geloof en die Afrikaanse susterskerke. Hy reis deur die land na, onder meer, Ventersdorp, Merweville, Philippolis en Stellenbosch en gesels met allerhande mense om sy eie vrae oor geloof te takel.

“Dit was vir my nogal ’n emosionele ervaring om vir byna ’n maand deur die land te reis, van kerk na kerk, en met mense oor geloof en die kerk te praat,” sê Dana oor die

reeks.

Hy begin sy Grondpad geloof-reis in Mookgophong in Limpopo by die NG-kerk waar sy pa jare gelede ’n dominee was toe dié dorp nog as Naboomspruit bekend gestaan het.

As storieverteller het Dana die reeks aangepak oor dit vir hom nóg ’n manier was om ’n boeiende verhaal te vertel.

“Baie van my stories gaan oor reise, en ek het gedink: Hoekom nie ’n geloofsreis nie? Ek het sestig geword. Geloof is vir my belangriker as ooit in my lewe.”

Dana glo kykers gaan deur dié reis te volg genadiger wees teenoor diegene wat anders as hulle oor geloofsake dink en dat hierdie reeks veral oor hoop gaan.

 “Dit is vir my asof die kerk op soveel maniere weer besig is om werklik kerk te word. Lidmaatgetalle daal dalk, maar gemeentes is op soveel plekke wat ek besoek het, steeds intens betrokke by mense en probeer om gemeenskappe se gebrokenheid weer heel te maak,” verduidelik hy.

Grondpad geloof begin op Sondag 3 September om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).

Nog Programme

Nog Programme