Logo
GN 1600x160 Slim Homepage
web uni tv guide

Groen: Namibië

144ReisprogramPG
Mooimaak Yvonne

Yvonne Nell

Ek kom van die pragtige George, waar ek in die kinderhuis Môreson grootgeword het.

Twee keer het aannemings deur die mat geval. Ná matriek sou ek onderwys in Graaff-Reinet gaan studeer het, maar het toe besluit om ’n verpleegkundige te word.

 

Ek is by Tygerberg en die Rooikruis-kinderhospitaal opgelei. Diere is my grootste passie en ek is veral mal oor katte. Ek het onlangs ’n sterilisasieprogram vir katte in Barrydale begin en het in 2015 Something Feminine, ’n program wat sanitêre ware aan jong meisies verskaf, begin.

Respek en eerlikheid is vir my baie belangrik. Omdat ek in ’n kinderhuis grootgeword het, is ek soos ’n tierwyfie as dit by my man, kinders en katte kom. Dis al wat ek het.

Ek was baie gespot as kinderhuiskind, en oor my vel. My tande is aaklig. Ek wil ook net mooi voel en nie meer selfbewus wees nie.

Sjoe, my grootste hartsbegeerte is om ’n plekkie te hê waar rondloperkatte en -honde baie TLC kan ontvang.