Logo
Slim Homepage 1600x160 (12)
web uni tv guide

G.I.L

144Komedie13 L
4

Barry Wiese

Vertolk deur Bennie Fourie

Barry is die ewige optimis met groot ambisies om ’n suksesvolle besigheidsman soos sy held, Richard Branson, te wees. Barry se ambisie strek nie so ver dat hy ’n CEO van ’n groot korporatiewe instelling wil wees nie. ’n Algemene bestuurder van ’n klein lughawe slaplinks van niks en om die draai van regs is oor as genoeg vir hom. Die enigste “probleem” is dat Barry se hart té groot is, sy besigheidsvernuf té laag is, hy net té buigsaam is en dat hy sukkel om klaar te maak met dit waarmee hy begin het.

Barry weet nie dat hy die enigste persoon was wat aansoekgedoen het vir die pos as lughawebestuurder nie. Hy is inderdaad in ekstase wanneer hy aangestel word. Hy voel

bevoorreg om so hoë posisie op so jong ouderdom te gekry het, maar weet ook in sy agterkop dat dit so bedoel was - sy ma sê immers van kleins af al hy’s destined for greatness. Wanneer hy die pos kry voel hy, hy het ’n stap geskip in sy eie plan. Hy het sy vyf jaar plan in drie jaar afgehandel. Nou vir die volgende hoofstuk in die Barry-verhaal.