Logo
web uni tv guide

Fiësta

144VermaakPG

Dubbel die geluk wag op Viljé en Lianry!

Nuus
26 April 2020
Die gewilde akteur- en aanbieder, Viljé Maritz is geen vreemdeling op ons televisieskerms nie en het al menige rolle in sy loopbaan vertolk, maar vir eers is hy besig met voorbereiding vir ’n ander rol: die van pa.
Viljé Swangerskap Artikel

Uit die e-posse is dit onmiskenbaar dat Viljé baie opgewonde is oor dié nuwe rol wat hy eersdaags gaan vertolk.

Maar daar was ook natuurlik die vraag: hoe gaan hulle almal vertel?

Natuurlik het hulle eers vir die familie vertel, wat oorstelp was van blydskap,  en ook vir ‘n paar goeie vriende, maar toe hulle gehoor het van Karen Zoid se video, toe kon hulle nie aan ‘n beter manier dink om die nuus subtiel uit te laat en te sien wie dié leidraad sal kan ontsyfer nie.

Alhoewel hierdie die eerste keer is dat Viljé pa gaan word, is hy alreeds vir Lianry se dogtertjie uit haar vorige huwelik soos ’n pappa. Daarom vertel hy liefdevol hoe sy lewe nou double blessed gaan wees: as pappa vir Leja en as die pa van sy eie kind.

Dit was natuurlik ook blote toeval dat Viljé onlangs sy twee-deur kar ingeruil het vir ’n regte family wagon – met sewe sitplekke en al! Asof die universe vir hom wou sê dat sy lewe op die drumpel staan om handomkeer te verander.

kykNET Digitaal het eksklusief (deur e-posse) met hom oor dié nuwe avontuur gesels!

Kyk net hier na die mooi foto's om dié aankondiging te maak: 

Gallery
1

Hoe voel dit om te weet dat jy binnekort ‘pa’ gaan word? 

Dis seker die coolste gevoel ooit , toe ek dit uitvind kon ek nie my excitement contain nie. Ek dink nie ek het ooit gedink ek sal ’n pa word nie – en siedaar –  toe word ek ’n pappa vir Leja en nou word ek ’n pappa vir ’n kleintjie van my eie. Dis nog rêrig unreal en dit sink elke oggend van voor af by my in. Die tydsberekening is so reg, ek voel ek betree ’n nuwe fase van my lewe.

Hoe het Lianry vir jou gesê dat sy swanger is? 

Ons het vroeg die Maandag oggend van die 16de Maart wakker geword om reg te maak om Leja skool toe te vat en ek voel toe so bietjie siekerig, en besluit toe om tuis te bly. Lianry vat haar toe skool toe, wat min gebeur omdat ek en Lianry  dit love om saam Leja in die oggende te gaan aflaai. Op Maandae ruil ons uit: Leja gaan dan na haar pa toe vir die week. Ek is besig met e-posse voor die TV. Lianry kom lê met haar kop op my bors en hou my vas vir ʼn wyle en ek voel sagte, stil traantjies teen my bors en dink oombliklik iets is fout , weereens misgis ek myself, vrouens in my lewe huil as hulle bly is, en daar kom ʼn vreemde pen my kant toe gestuur met 2 strepies op – dadelik weet ʼn man, en op is ek en sit kruisbeen voor haar om haar gesig in volle glorie te sien. Sy was glo ook skepties hoe om die nuus te breek vind ek toe later uit en sy wou beplan hoe om vir my te sê, maar sy kon net nie wag nie. Sy’s baie goed met sulke dinge, maar dié keer was die excitement net te veel. Wou net daar en dan celebrate. Daarna het  ons toe gegaan om te gaan bloed trek sodat ons kon sien hoe ver ons is.

Buiten nou vir tien toontjies – en vingertjies – hoop jy vir ’n seuntjie of ’n dogtertjie?

Tussen my en my jonger broer Martiens (26) en my grootword-jare ken ek net laaities. Ek het gedink vir ʼn verandering sou ʼn meisietjie great wees! Ek wil haar oppiep, rokkies aantrek en beskerm. Hoe praat ek dan so maklik asof ek dit ken? Want ek ken dit: Leja is dit vir my – I’ve grown into a father for a beautifull little girl, so vir my maak dit nie saak nie, meisie of seuntjie, maar ek voel aan dit gaan ʼn seuntjie wees.

Waarna sien jy die meeste uit van hierdie nuwe fase van julle lewe?

Hoe alles gaan begin te verander. Om beter geleenthede hier in George te soek of te skep. Vir werk was ek nog nooit bang nie en ek is lus vir lekker uitdagings –ek wil net die beste kan bied vir my hele gesin. Om die hele proses van voor af saam met Lianry te ervaar en te sien hoe alles verwikkel. Ek kan al liggies sien daar begin iets groei as ek na haar maag staar. Ek wil soveel as moontlik betrokke wees by die hele proses. Natuurlik kan ek nie wag om vir die eerste keer die babatjie te sien nie en daai eerste huil te hoor en die eerste aanraking te maak nie, vir cuddle en vashou is ek baie lief , en met so klein seëning kan ek aan niks beter dink nie. Ek skep al so prentjie, waar hy of sy voor teen my bors is op ʼn Saterdag met die reuk van ʼn vuur wat knetter in die agtergrond en Naas Botha se stem wat sinnelose informasie aan die kleintjie deurgee, met my wat op en afspring soos ek my span aan cheer, elke nou en dan afkyk in stilte, en smile, net smile

En waaroor is jy die meeste op jou senuwees? 

Hierdie is maklik. Kort gegewe die bietjie wat ek al ken, doeke omruil, min slaap, en die gehuil wat ek wil beter maak, maar ek weet nie wat is fout nie.

Talk to me little one, talk to me. 

Wanneer gaan die babatjie gebore word? 

Sover sê die dokter vir ons, na ons vir ons eerste scan gegaan het, en ek vir die eerste keer ʼn hartkloppie gehoor het en ʼn klein bambino gesien het van 1.06cm groot met ʼn hartklop wat jaag – seker soos ek: te veel energie en wil heeltyd net hardloop.  Sorry, trek my aandag weer af , in kort ongeveer die 16de November 2020 (ons is nou 10 weke swanger). Ek hoop vir die 14de: my pa, ma en broer is almal 14, maar ek glo dit sal seker so bietjie vroeër as dit wees.

En wat is die een lewensles wat jy graag eendag vir jou kind sal wil leer?

Ek dink maar wat my pa my probeer leer het: om geduldig te wees, met geduld kan ʼn mens baie verower in die lewe – ek’s so spyt ek’t dit eers later in my lewe begin toepas, maar nou weet ek...

Ons, by die kykNET-familie kan nie wag om te sien wat die toekoms alles inhou vir dié jong gesin nie, maar van een ding is ons seker – Viljé is besig om voor te berei vir die grootste rol van sy lewe (en dit gaan ’n reuse sukses wees).

Kuier gerus saam met kykNET op Facebook, Twitter en Instagram.