Logo
Fiesta S26 SP BB
web uni tv guide

Fiësta

144VermaakPG13
Fiesta S26 Poster

Oor die program

Fiësta is nou al vir meer as tien jaar sinoniem met feeste in ons land, asook in buurlande soos Namibië. Ons besoek weekliks ’n ander fees. Só word daar nie net regoor die land gekuier nie, maar ons bring interessante plekke na die sitkamers van ons kykers.

S26 | E3
21 April 18:00
'S26/E3'. Dis weer tyd vir die moeder van Afrikaanse kunstefeeste in Suid-Afrika, die Absa KKNK in Oudtshoorn. Wicus Pre...

Twee nuwe aanbieders gaan dwarsoor die land Fiësta

News
09 April 2024
Fiësta, een van kykNET se programme wat al die langste op die lug is en kykers al jare van fees na fees saamneem, het twee nuwe aanbieders vir dié immergroen reeks se nuwe seisoen.
Fiësta

Elsa Esterhuizen, ’n gesoute radio-aanbieder, en Rumacques Gelderbloem (ook bekend as die rymkletser Oxijin), wat geen vreemdeling as TV-aanbieder is nie, sluit hulle by Lundi Khoisan en Wicus Pretorius aan. Saam gaan hulle oudergewoonte al die land se grootste feeste en byeenkomste dek en kykers trakteer op hoogtepunte, treffende tonele, wetenswaardighede en onderhoude met bekendes en ander interessante mense.

Waarna sien julle die meeste uit?

Elsa:
Ek sien baie daarna uit om op verskillende plekke saam met Suid-Afrikaners fees te vier en vir ’n oomblik die ligter kant van die lewe te geniet. Maar ek dink ek sien die meeste daarna uit om tydens hierdie feeste ook by die mense se stories en harte uit te kom, met hulle kennis te maak, hulle wêrelde te verken, saam met hulle te kuier en uit te vind waaroor hulle gemeenskappe passievol is. Ek het ook nog altyd ’n groot liefde vir die kunste gehad en sien daarna uit om dit op so ’n manier te kan waardeer. Ek hoop maar net daar is so nou en dan ’n springkasteel ook waarop ek kan gaan bons.

Rumacques: Om die verskillende feeste en kulture te sien en wat dit bou. Alles begin by ons as mense, en as mense saamkom vir ’n groter doel skep dit atmosfeer vir groei en nuwe dinge.

Wat is julle gunstelingfeeste in die land?

Elsa:
Ek was al by ’n paar feeste, en ek dink dis moeilik om een uit te sonder omdat elke fees ’n unieke ervaring bied. So, ek sal sê enige fees met goeie gees, lekker kos en puik vermaak.

Rumacques: Ek hou van die KKNK omdat ek al baie daar opgetree het en ook seremoniemeester was vir groot shows. Ook die Suidoosterfees wat teaterproduksies het wat jou laat gons. Aardklop en die Snoek- en Patatfees by Goedverwacht buite Piketberg is ook iets om oor huis toe te skryf.

Wat is die een ding wat jy altyd by ’n fees doen?

Elsa:
Dans en EET – feeskos is die lekkerste kos! Ek maak ook altyd tyd vir ’n goeie teaterproduksie en om na een van my gunstelingkunstenaars te gaan luister.

Rumacques: Ek is ’n rymkletskunstenaar en digter wat hou van intieme set-ups waar ek gehoor kan word. I don’t do entertainment, I do creative impartation, wat half groter is as net die intensie om koppe te laat skud. My gunsteling-job by feeste is om seremoniemeester te wees, en ek moet sê, die God praat Afrikaans-teaterproduksie saam met HemelBesem was ’n belewenis omdat ek kans gekry het om bietjie te act.

Wie is julle gunsteling-TV-aanbieders?

Elsa
: Suzaan Steyn en Kabous Meiring. Hulle natuurlike styl, opregtheid en onopgesmuktheid inspireer my.

Rumacques: Lyntjie Jaars en Kaltlego Maboe.

Wat is die belangrikste lewensles wat jy al geleer het?

Elsa:
Om vrede te vind in waar ek myself op die oomblik bevind.

Rumacques: “Love like you’ve never been hurt before.” My dogter, Gizele Whinter Gelderbloem, het dit eendag vir my gelees.

Fiësta is Sondagaande om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).

 

Nog vermaak