Logo
web uni tv guide

eNuus

144NuusPG13
Pieter Koen

Pieter Koen

Pieter Koen is in Standerton gebore. Musiek was nog altyd in sy bloed, en as kind was hy twee jaar aan die Drakensberg-seunskoor verbonde. In 1996 het hy as aanbieder by Radio Rippel begin werk. Gedurende dié tyd is sy kenmerkende “Skud jou biscuit” gebore.

Hy het al verhoë met van ons land se bekendste kunstenaars soos Sonja Heroldt, Steve Hofmeyr, Kurt Darren en Dozi gedeel. In 2003 het hy as veldaanbieder by die Kwêla-span aangesluit. Hy is verder ook aanbieder van die gewilde musiekprogram Jukebox.

Dít alles doen hy so tussen sy optredes, konserttoere en die vrystelling van CD’s deur!