Logo
web uni tv guide

eNuus

144NuusPG13
Peter Cowley (1)

Peter Cowley

Peter Cowley is die stigter en uitvoerende hoof van Spirit, ’n onderneming wat hy saam met sy vennoot Matt Campion in 2010 begin het. Spirit is ’n multi-platform-produksiehuis wat ook gehoorontwikkeling behartig. Hulle spesialiseer in bemarkingsinhoud, kort- en langformaatinhoud vir uitsaaiers en die bestuur van digitale kanale en platforms.

Cowley is een van die bekendste digitalemedia-pioniers in Brittanje en was verantwoordelik vir van die eerste webreekse vir, onder meer, O2, BBC Online, Myspace en YouTube. Hy is ’n gewilde gasspreker oor onderwerpe soos gehoorontwikkeling vir digitale media, hoe om geld uit digitale media te maak en hoe om inhoud vir verskillende tydgleuwe te ontwikkel.