Logo
web uni tv guide

eNuus

144NuusPG13
9

Nadine Theron

Die belangstelling in joernalistiek is al van jongs af in my bloed. Op hoërskool was ek betrokke by n artikel vir die tydskrif, Insig, wat my oortuig het dat goeie joernalistiek die wêreld kan verander. 

Ek het in my tweede jaar van BA Joernalistiek deelgeneem aan
n buitemuurse program vir toekomstige joernaliste waar ek geleer het om videostories te vervaardig, en van toe af was dit al wat ek wou doen.  

Ek het na universiteit vir sowat 10 jaar verslag gedoen op digitale platforms binne die Media24-groep en het my nuustande geslyp by Netwerk24.  

Iemand het
 destyds vir my gesê
n mens kan dit nie help nie; jy word as n joernalis gebore. Ek weet vandag dit is waar omdat ek op 27 myself in n inhoudsbemarkingposisie bevind het, waar ek nie my inherente nuuskierigheid en passie om betekenisvolle stories met die wêreld te deel kon uitleef nie. 

Ek is nou 30 en is elke dag dankbaar vir my werk waaroor ek mal is.

Ek is
n Johannesburger met Pretoria in my hart en my hart in Kaapstad.

Ek het in 2018 by eNuus aangesluit en na die natuurbewaringsdorpie, Scarborough, naby aan Kaappunt, getrek.  

Ek studeer deeltyds ekonomie sodat ek beter kan verstaan hoe die wêreld werk.