Logo
web uni tv guide

eNuus

144NuusPG13
7

Jenna-Leigh Bilong

Ek het bykans ’n dekade gelede die eerste keer agter die mikrofoon ingeskuif. Ek was op 15 reeds ’n vrywilliger-omroeper en die vervaardiger van ’n jeugprogram by die plaaslike radiostasie in Worcester, Vallei FM.

Ek het ook ondervinding as joernalis opgedoen by ’n gemeenskapskoerant waar ek onder andere my eie rubriek, “Jong Gedagtes”, behartig het.

Na ongeveer agt jaar van gemeenskapsradio sluit ek  by die RSG-span in Johannesburg aan. Hier tel ek my seëninge elke dag vir die voorreg om saam met die bestes in die bedryf te werk. ’n Jaar later klop die geleentheid om televisie aan te durf aan my deur en word ek deel van die eNuus-span.

Ek “hou my so plat soos ’n Minora-blade” (probeer nederig bly) terwyl al hierdie wonderlike dinge met my gebeur. Tussendeur sing en studeer ek, en probeer ek my bes om op hoogte te bly van al die mense in my lewe se doen en late.

Woorde speel ’n belangrike rol in my lewe. Dit voel soms asof ek ’n sekere aantal woorde per dag het wat ek móét opgebruik. Sterkte aan die persoon wat saans na my laaste paar woorde van dié kwota moet luister!