Hannon Bothma, van die bekende HANNON-handelsmerk, is Suid Afrika se voorste voorkoms-ghoeroe.
Reeds as jong seun van die Noord-Kaap is Hannon deur skoonheid geboei. “Ek het nuwe haarstyle vir my suster en vriende geskep en besef dit is wat ek eendag wil doen.”
Nadat hy hom as haarkapper bekwaam het, is sy eie skoonheid raakgesien en het hy self ook modelwerk gedoen. Maar sy eerste liefde was steeds om vroue te help om hul volle skoonheidspotensiaal te verwesenlik. Daarom het hy verdere studies op die gebied van haarsorg en skoonheidstegnologie aangepak.
“Om mooi te lyk beteken nie altyd jy moet die jongste modes slaafs navolg nie. Dit beteken eerder jy moet weet watter haarstyl, haarkleur, grimering en grimeertegnieke die beste by jou gesig en leefstyl pas,” sê hy.
“Ek wil hê elke vrou moet sien hoe mooi sy werklik is”.