Logo
web uni tv guide

eNuus

144NuusPG13
Frazer Barry Foto Nardus Engelbrecht 43

Frazer Barry

Frazer Barry, is al meer as 20 jaar besig om verhoë nasionaal en internasionaal (Nederland en België) met Afrika-klanke te betower.

Hy is ook voorsanger van Tribal Echo Band.  Die groep het alreeds twee albums uitgereik, Grafte oppie Vlakte en Onner Afrika son.

Hy is al bekroon met verskeie toekennings vir musikale teaterproduksies waarby hy betrokke was, onder andere Lepeltjie vol snare (Kanna-toekenning), Die Riel van Hip Hop (kykNET Fiësta), Jakkals en Wolf (kykNET Fiësta), Adam Smal - Kô Lat Ons Sing (Woordfees-trofee), Jakkals en Wolf Onbeperk (kykNET Fiësta), Die Poet (Woordfees-trofee) en talle ander nominasies.

Woorde Op Akkoorde, wat hy saamgestel het, was in 2019 vir drie Kanna Nominasies benoem, vir beste musiekproduksie, beste opkomende kunstenaar en bydrae tot literatuur vir die teks wat hy saamgestel het.