Logo
web uni tv guide

eNuus

144NuusPG13
Untitled design

Echbert Boezak

Ek is in Simondium in die Wes-Kaap gebore. Vir diegene wat nie weet nie: dis net 10 kilometer buite die Paarl en naby al die beste wynlandgoedere in die land.

Danksy my ouers, wat albei onderwysers was, het ek vroeg ‘n liefde aangekweek vir die nuus en lees. Dit was aan my pa te danke dat ek al in standerd 3 vrae soos soos: “Wie is Canaan Banana?” of “Wat is die hoofstad van Wit-Rusland?” kon beantwoord.

Teen die tyd wat ek 12 geword het, het ek geweet ek wou ‘n joernalis of dalk ‘n omroeper word. Destyds kon ek verskeie sportkommentators namaak – mense soos Gerhard Viviers of die Skot Bill McLaren of die Engelse sokkerkommentator John Motson. Dit het my darem so ver gebring om oor Simondium Primêr se C-span se wedervaringe langs die kantlyn kommentaar te lewer, maar oor my rugbyloopbaan wil ek liefs swyg.

Die nuusgogga het reeds gebyt en ek is in 1992 Maties toe om my BA-graad te doen. Later het ek my Honneurs-graad in Joernalistiek voltooi en die res, soos hulle sê, is geskiendenis.

Ek het vir ‘n Afrikaanse koerant begin werk voordat ek as radio-omroeper my droom bewaarheid het om radioverslae te doen.

Danksy die joernalistiek en my TV-loopbaan kon ek oor die jare die wêreld deur reis en onderhoude voer met verskeie sportsterre en politici.

Ek het nou drie merkwaardige vrouens in my lewe: my vrou Eloise en my twee dogters, Mia en Amy. Hulle inspireer my elke dag en hou my behoorlik op my voete.

My gunsteling sê-ding is iets wat ek by ma en pa geleer het: “Dom is erger as droogte.”