Logo
web uni tv guide

eNuus

144NuusPG13
KevinMarkPass Corli 50a

Corli Botha

Corli Botha se slagspreuk is 'Let your taste buds explode'. Dié veeltalige kos-, koek- en nagereg-'entertainer', bekende sjef, Koekedoor Seisoen 2-wenner, Gesig van Rooibos 2018, sakevrou, resepteboekskrywer, entrepreneur, produkambasadeur en eienaar van Corli's Kitchen is beslis besig om haar merk te maak in die voedselwêreld.

Sedert Corli kan onthou bak en kook sy en is dit nog altyd  haar passie. Na 'n twee-jaar verblyf in Frankryk was haar liefde vir kos nog sterker. Sy het haar passie vir kos in 'n onderneming verander wat met die dag groter word en hierdie jaar al 7 jaar oud is. 

Haar belangstelling in kos, bak en kook maak dit vir haar moontlik om 'n besigheid en handelsmerk vir Corli's Kitchen te bou. Na sy die Kyknet Koekedoor Seisoen 2-program gewen het, bou sy aktief aan haar besigheid. Sy het ook 'n reseptboek die lig laat sien en is passievol daaroor om nuwe, innoverende koservarings die lig te laat sien. Sy was ook al die eienaar van 'n koffiewinkel en suksesvolle spysenieringsonderneming. 

Die afgelope vier jaar het Corli gereeld deur Suid-Afrika gereis met kook- en bakdemonstrasies, en ook in baie verskillende nuus,  media, artikels, radio- en TV-reekse verskyn.

Corli is van plan om aan te hou reis, te leer, te groei en 'n sterker handelsmerk te bou en haar vermoëns en horisonne te verhoog om haar kos- en baktalente te bevorder. 

Sy het onlangs 'n nuwe produk 'Corli's Biltong Deli, bekendgestel en is besig met 'n hele paar ander produk-ontwikkelings wat binnekort bekend gestel sal word.

Met haar vermoë om buite die boks te dink en dinge te laat gebeur, beplan hierdie dinamiese energieke en kreatiewe entrepreneur om aan die wêreld te wys dat alles moontlik is met genoeg vasberadenheid, passie, drome en harde werk.

Corli woon saam met haar gesin in Pretoria.