Logo
web uni tv guide

eNuus

144NuusPG13
2

Barron Hufkie

Ek is gebore en getoë in die Oos-Kaapse dorpie Somerset-Oos.

In 2018 het ek die groot trek na die Goudstad aangepak om by die eNCA-familie aan te sluit, nadat ek naam gemaak het in Kaapstad as een van kfm 94.5 se gewildste radiopersoonlikhede. Daar het ek my vernuf ten toon gestel as sportaanbieder op Kaapstad se beste middagradioprogram.

Alhoewel daar ’n groot verskil tussen die twee mediums (radio en TV) is, was die skuif altyd deel van my plan.
Die skuif na TV was ’n natuurlike een, want ek het van jongs af myself altyd gesien werk op radio en televisie.

Ek is baie opgewonde vir die nuwe uitdaging by eNuus. Ek leer baie en dit is vir my fantasties om deel te kan wees van so ’n gedugte span.
Dit is ook vir my 'n groot voorreg om weer in my moedertaal te kan uitsaai!

Ek het my liefde vir radio as student ontdek op die Maties-kampus. Ek het verlief geraak op die medium toe ek as vryskutaanbieder by MFM op Stellenbosch begin het.
Daar was ek ook die stasie se nuusbestuurder. As ek terugdink aan my kampusdae, onthou ek al die laataande en lang skofte, maar ek kan nie aan ’n beter leerskool dink nie.

In 2015 is ek deur die Kaapse radiostasie Kfm 94.5  genader en het ek as laataand- en naweekomroeper begin werk vir twee jaar voor ek by die middagprogram aangesluit het.
In my tyd by dié stasie was ek ook deel van die EWN-nuusspan as 'n sportaanbieder.

Alhoewel ek altyd baie besig is met werk, streef ek na ’n gebalanseerde lewe. Ek probeer regtig hard om gesond te eet en gereeld te oefen, maar ek hou ook daarvan om met vriende en familie te kuier, veral om die braaivleisvuur. Wanneer ek nie in die ateljee is nie, kan jy my op die tennisbaan vind. Wie weet, dalk kan daardie Wimbledon-droom nog bewaarheid word.
Ek is ook altyd op soek na mooi staproetes en ek is verslaaf aan koffie!