Logo
DVK S1 Slim BB Web Uni
web uni tv guide

Dinge Van 'n Kind

144Drama13
Dinge van 'n kind

Thomas O’Brien (vandag)

Vertolk deur André Roothman

Thomas is ’n bekwame en welbelese prokureur. Hy en Mart het getrou toe hulle jonk was, meer uit besluitloosheid as ware liefde, omdat Thomas ’n werksaanbod in Londen gekry het. Hulle seun Pierre is in Londen gebore, en hy en Mart is geskei toe hy besluit het hy wil terugkom na Suid-Afrika ná die vrylating van Nelson Mandela. Thomas werk hard aan sy verhouding met Pierre van wie hy effe vervreemd geraak het in sy jeug.