Logo
Silverskermfees_kykNET_10th_1600x533
web uni tv guide

Die Silwerskermfees Kortflieks

144Kortfliek

Video's

Silwerskermfees: Die Beleefnis EPK Image : 14945
Video
Silwerskermfees: Die Beleefnis EPK
Die Beleefnis is die verhaal van 'n eiesinnige ou dame wat eens op ʼn dag die dorp op sy kop keer: dié tannie kondig uit die bloute aan dat sy haar eie begrafnis wil hou! Dan het sy nog die vermetelheid om dit as 'n "viering van haar lewe" te bestempel. "Eintlik nie 'n begrafnis nie", help sy verslae mense reg. "Dit is meer soos 'n be-leef-nis!" Die dorpenaars het nog altyd aanvaar dat die begeesterde Magdaleen Botha (Woutrine Theron) 'n ligte klap van die windmeul weg het, maar hierdie volksvreemde versoek vat dinge nou wragtig een maal te vêr. Magdaleen is egter nie die tipe wat haar van stryk laat bring nie. En nie haar moeilike seun, Simon (Andre Odendaal), Dominee Stanley (Chris van Niekerk) of selfs Stoffel die begrafnisondernemer (Erno van Dyk) gaan haar van haar groot dag weerhou nie. Hoe sal hulle kan? Hulle het immers geen idee van die desperate hoop wat agter Magdaleen se 'beleefnis' skuil nie... Met welbekende gesigte soos dié van André Odendaal, Dorette Nel, Chris van Niekerk, Francois Coertze en Erno van Dyk is Die Beleefnis ʼn kragtoer van ervare Afrikaanse akteurtalent. Daarby maak Woutrine Theron (Nommer Asseblief) 'n opwindende terugkeer na die silwerdoek met ʼn kleurvolle en sensitiewe uitbeelding van Magdaleen Botha -- ʼn veelsydige karakter in ʼn veelsydige verhaal wat byna net so veel trane as giggels sal uitlok. Wees deel van kykNET se Youtube kanaal vir soveel meer kykgenot. Volg kykNET op Twitter: https://twitter.com/kykNETtv Like kykNET op Facebook: https://www.facebook.com/kyknet Besoek www.kyknet.co.za kykNET bied 'n verskeidenheid van Afrikaanse vermaak - van hope musiek en onderhoude met SA-en internasionale persoonlikhede tot komedie, drama en sepies - daar's iets vir die hele familie! Skakel in op kanaal 144 vir die beste in vermaak. Kyk net!