Logo
web uni tv guide

Die GROOT Ontbyt

144AktualiteitPG
Johrne van Huyssteen

Johrné van Huyssteen

Johrné is in 1974 in Griekwastad gebore en het aan die Hoërskool Reitz gematrikuleer. Vanaf 1994 studeer hy teologie en verwerf ’n honneursgraad in Bybelkunde en ’n meestersgraad in praktiese teologie. In die 2000’s word hy die stigterslid van Geblikte Afrikaans en die musiekgroep ddisselblom. Dié groep laat vier albums die lig sien.

Johrné sluit in 2011 by OFM en GROOTfm aan as radio-omroeper (ná ses jaar as televisie-aanbieder op kykNET, MK en SABC3 en drie jaar as die redakteur van DeKaT Man). In 2014 swem hy van Europa na Asië.