#DGV_Stefan
Stefan Smuts is ’n 25-jarige bloemis en fotograaf van Pretoria wat sy styl beskryf as “fine art” geïnspireer deur Afrika-natuur.
“Vir my bepaal die blomme die styl en die gevoel van die troue of funksie. En dit dra by tot die algehele geheelbeeld van al die ander elemente by die aangeleentheid.”