Leon is gebore en getoë in die Laeveld se botaniese tuine. Hierdie internasionaal erkende landskapsargitek en -kunstenaar het al verskeie pryse regoor die wêreld gewen het waaronder hy ’n paar keer goud vir sy tuine by die Chelsea Blommeskou verwerf het.
Onlangs het hy ook goud gewen by die Shenzhen Internasionale tuinskou in China – die eerste Suid-Afrikaanse tuinkunstenaar om hierdie prestasie te behaal by hierdie glasryke tuinskou.