Logo
Die brug S1 Slim BB

“Poker face” – Die brug

Nuus
16 November 2023
“Poker face” is nié net ‘n besonderse “catchy” liedjie deur Lady Gaga nie – soms is dit die verskil tussen verder bly om die spel te speel of om huis toe gestuur te word...
Die brug article ep 4 poker face avril albetti

Wie van die spelers het ‘n “poker face” en wie dra hulle harte op hul mou? 

 

Jamie Le Roe

Ek dra soms my hart op my mou, maar soms kan ek ʼn goeie poker face doen veral as daar baie op die spel is.

Iana Strydom

Ek dra my hart op my mou, maar ek het al gesien dat dit mense soms lelik kan seer maak. Ongelukkig is dit vir my te moeilik om 'n poker face op te sit.

Marna Grobler

Beslis ‘n poker face.

William Walters

Dit hang af van die situasie: Ek kan fake wees, maar ek kan nie heeltyd fake wees nie. Ek kan dit strategies gebruik.

Robert Kruger

Ek dra my hart op my mou.

Sam Marais

Oh no, ek is gewoonlik so oop soos ‘n boek. Ek sukkel om my gevoelens weg te steek in meeste gevalle.

Nonnie Geldenhuys

Mense kan sommer die subtitles op my gesig lees!

Tina Linder

SO poker face soos niemand anders nie.

Geo Botha

Ja ek het, ek hou dikwels my emosies vir myself en tree nie emosioneel op nie. In my beroep werk ons met mense wat verskillende menings en opinies het, baie keer stem ek nie saam nie. Dit is belangrik dat ek egter hulle aanhoor en probeer uitvind waar die persoon se menings vandaan kom.

Ons speel ook op ʼn maandelikse basis Poker, en dus moet ek my hand ook vir myself kan hou.

Jacques Broodryk

Beide

Larry Alcock

What you see is what you get..and its valid for both my pretty and my ugly side.

Avril Albetti

Ek dra gewoonlik my hart op my mou, maar soms moet ek my poker face gebruik siende dat almal nie dieselfde hart het nie.

Wonder jy ook hoe die dinamika gaan verander in die komende episodes van Die brug

Skakel dan elke Donderdag om 20:00 in op kykNET, kanaal 144 om te sien hoe dié 12 spelers emosioneel en fisies uitgedaag word om Die brug te voltooi. Gesels saam op Facebook, X, Instagram en TikTok deur die hutsmerk, #DieBrug te gebruik.