Logo
Die brug S1 Slim BB

“Jack of all trades” – Die brug

Nuus
16 November 2023
Juggle, rubik's cubes en spaanse danse...
Die brug article image ep 4 sam marais

Die spelers op Die brug het beslis nie 'n tekort aan talente nie!

 

Jamie Le Roe

Ek het nie enige "vreemde" talente nie, maar as ek moet dink aan iets vreemds – ek was 'n "mid-wife" vir twee van my honde. Die een wat uitgestaan het was met die geboorte van Lucky (My hondjie Suzie se puppy). Suzy het haar 1ste puppies gehad en was baie onkundig met die geboorte. Lucky was half neglected want sy was nie vinnig genoeg om hom te versorg nie. So het ek hom uit sy sack gehaal. Hy't nie asem gehaal nie. Ek het instinctively CPR gegee en na so 10 minute het Lucky begin asem weer haal. So word ek toe ons "pet household midwive”.

Iana Strydom

Ek kan 'n Rubik cube klaar maak; ek kan so bietjie juggle en ek kan my tong in 'n blommetjie vou.

 

Marna Grobler

Marna is nie bang vir ‘n uitdaging nie – sy is ‘n driekamp-atleet en het ‘n groen Comrades-nommer. 

“Mense kyk na my en onderskat my vir my ouderdom – ek is nie 'n "tannie" nie. :) ” 

William Walters

Ek is goed in als wat ek doen. Enige iets waaraan ek fokus gee – dit kan iets wees wat ek nog nie gedoen het nie. Ek pak altyd iets met al my vermoë aan en dis hoekom ek meer sal uitstaan as ander. Ek staan baie uit in enige iets wat sport aanbetref. In moeilike omstandighede is ek altyd rustig; ‘n  Jack of all trades.

 

Robert Kruger

Nee nie vreemd nie, maar ek kan juggle met 3 balle.

Sam Marais

Wel ek is nogal flexible deur die yoga wat ek doen. Ek het nie enige “vreemde” talente nie, maar ek is goed met musiek en skets. Ek kan ook gewoonlik goed vinnig “optel”.

Nonnie Geldenhuys

Nee...ongelukkig nie.....maar dalk om iets wat eenvoudig is complicated te maak...hie hie ...ek kan iets six love opvoeter.

 

Tina Linder

Oe. Ek kan kastanjette speel. Het lank Spaanse danse gedoen, maar dis 'n geheim...

 

Geo Botha

Nee, ek het nie ʼn vreemde talent nie. Ek en my broer bring egter binnekort ʼn boek oor finansies uit en het ook ʼn TV-reeks gehad. Ek dink dus my bereidwilligheid om kanse te vat en nuwe projekte aan te pak onderskei my van meeste.

Larry Alcock

Ek wens so ek het. Ek dink ek moet ʼn paar kaart toertjies bemeester...🤔

 

Avril Albetti

Ek is verskriklik handig.

Gaan dié talente die spelers kan help om die brug klaar te maak?

 

Skakel elke Donderdag om 20:00 in op kykNET, kanaal 144 om te sien hoe dié 12 spelers emosioneel en fisies uitgedaag word om Die brug te voltooi. Gesels saam op Facebook, X, Instagram en TikTok deur die hutsmerk, #DieBrug te gebruik.