#BoerGerhard
Ouderdom: 30
Tipe Boerdery: Skaap en Wild
Huistaal: Afrikaans
Hoogste akademiese kwalifikasie: Diploma in Landbou
Belangstellings:
Jag, visvang en natuurfoto's neem
Kinders: Geen
Huwelikstaat: Ongetroud
Area: Beaufort West, Wes-Kaap
Vertel ons in minder as 50 woorde watter eienskappe jy in jou ideale maat soek:
Liefdevol, betroubaar, geduldig en spontaan. Ek is opsoek na `n sielsgenoot wat my hart verstaan. Iemand wat saam met my kan lag en net die lewe geniet. Sy moet avontuurlustig wees en lief wees vir die natuur.
Gee ons ‘n kort opsomming van wie jy is en wat jou stokperdjies is:
Ek sal myself beskryf as liefdevol, betroubaar, geduldig en soms bietjie skaam. Ek is lief vir die natuur en die skoonheid en rustigheid wat daarmee saamgaan. My stokperdjies is jag, visvang, stap, kuier en braai saam met vriende.
Wat is die belangrikste les/ lesse wat jy uit vorige verhoudings geleer het?
Ek het geleer dat liefde, respek, vertroue en kommunikasie baie belagrik is in enige verhouding. Jy moet ten volle jouself kan wees en mekaar se beste vriende.
Wat sien jy as jou 3 beste eienskappe?
Geduldig, Betroubaar, Omgee
Wat sien jy as jou 3 swakste eienskappe?
Skaam
Soms bietjie hardkoppig
Omdat ek `n sagte hart het, kan ek nie altyd my voet neersit nie.
Sien jy jouself as romanties? Beskryf jou ideale romantiese afspraak:
Ek sal myself nie altyd as romanties beskryf nie, maar sal my liefde wys deur klein alledaagse dinge in die lewe. My ideale afspraak is `n sonsondergang piekniek.