#BoerAlbertus
Ouderdom: 38
Tipe Boerdery: Skaap
Huistaal: Afrikaans
Hoogste akademiese kwalifikasie: Matriek
Belangstellings: Jag, visvang en boer
Kinders: Ja
Indien wel, hoeveel: 1
Huwelikstaat: Geskei
Area: Calvinia, Noord-Kaap
Vertel ons in minder as 50 woorde watter eienskappe jy in jou ideale maat soek:
Die vrou wat ek soek moet opreg, eerlik en goeie waardes hê. Sy moet vinnig planne kan maak, en kan aanpas omdat ons hier in niks en nêrens is. Ek sal graag wil hê dat sy liefdevol is en mooi na haarself kyk en versorgd wees. Sy moet lief wees vir die Karoo en diere – veral my skape.
Gee ons ‘n kort opsomming van wie jy is en wat jou stokperdjies is:
Ek glo ek is 'n goeie vriend vir my vriende, ek is altyd daar as hulle my nodig het. Ek is iemand wat ook baie hou van 'n braai en om saam met my vriende te kuier. Ek hou daarvan om my mede-boere met ongedierte beheer te help. Verder hou ek baie van visvang.
Wat is die belangrikste les/lesse wat jy uit vorige verhoudings geleer het?
Om mekaar spasie te gee in die verhouding en om geduldig te wees.
Wat sien jy as jou 3 beste eienskappe?
Goeie luisteraar
Maak vinnig planne
Goeie vriend
Wat sien jy as jou 2 swakste eienskappe?
Ongeduldig
Oorhaastig
Sien jy jouself as romanties? Beskryf jou ideale romantiese afspraak:
Ja, my ideale romantiese afpsraak is 'n piekniek op Perdekloof se kranse en in om in 'n goeie jaar te kyk na die watervalle.