Logo
Boer soek 'n vrou S14 Slim

#BoerTyson

Tyson

Ouderdom: 33   

Tipe Boerdery: Saaiboerdery (hoofsaaklik mielies, sojas en koring) en beeste.   

Huistaal: Engels (ook vlot Afrikaans)

Hoogste akademiese kwalifikasie: Matriek   

Belangstellings: Boer, Bergfiets ry, draf, motorfiets, visvang, braai, reis, golf speel, helikopter vlieg  

Kinders: Geen   

Huwelikstaat: Ongetroud  

Area: Bergville, Kwazulu-Natal

Vertel ons in minder as 50 woorde watter eienskappe jy in jou ideale maat soek:

Iemand wat lus is vir die lewe. Wat op 'n plaas sal inpas. Iemand wat 'n Christen is en God eerste sit. Sy moet hou van familie en avontuur.  

Gee ons ‘n kort opsomming van wie jy is en wat jou stokperdjies is:

Ek is 'n Christen en boer saam my pa en broer. Ons is passievol oor die grond en boerdery en altyd aan die werk om heeltyd te verbeter. Ek is 'n baie reguit mens en taakgeorienteerd. In my vrye tyd kuier ek graag met familie en vriende, speel golf, draf, vang vis en ry fiets. Ek hou van buite wees maar geniet ook 'n Sondag fliek.

Wat is die belangrikste lesse wat jy uit vorige verhoudings geleer het?

As dit nie werk nie, werk dit nie. Mens moet dit sien vir wat dit is en aanbeweeg.

Wat sien jy as jou 3 beste eienskappe?

Word nie vinnig ontsteld of 'down' nie As ek iets wil he of doen, kry ek dit gedoen. Stabiel en konstant.

Wat sien jy as jou 3 swakste eienskappe?

Ek is partykeer te reguit met mense As ek nie iets wil doen doen ek dit nie - dit kan dalk mense offend. Ek kan soms hardkoppig wees 

  Sien jy jouself as romanties? Beskryf jou ideale romantiese afspraak:

Nie rerig nie maar dalk as dit die moeite werd is. Het nie rerig n ideale afspraak nie. Iets waar ons altwee gemaklik is.  

Petre
Willem
Tyson