Logo
Boer soek 'n vrou S14 Slim

#BoerPetre

Petré

Ouderdom: 25   

Tipe Boerdery: Gemengde boerdery   

Huistaal: Afrikaans   

Hoogste akademiese kwalifikasie: Bed. Senior en Voo Onderwys graad   

Belangstellings:

Jag, vis vang, kamp, reis, boog skiet, perd ry, stap, gholf, roei, rugby.   

Kinders: Geen  

Huwelikstaat: Ongetroud   

Area: Vierfontein, Vrystaat

Vertel ons in minder as 50 woorde watter eienskappe jy in jou ideale maat soek:

Ek sal my ideale vrou beskryf as: 'n Vrou wat spontaan is, lojaal is, vriendelik en sosiaal is. Sy moet opreg wees en Christelike waardes nastreef, sy moet eerlik en selfstandig wees, iemand wat my sal ondersteun deur dik en dun. Ek is op soek na 'n vrou wat elke uitdaging met ywer sal aanpak. Iemand wat waar okal soos huis sal laat voel.   

Gee ons ‘n kort opsomming van wie jy is en wat jou stokperdjies is:

Ek is avontuurlustig. Ek is 'n buite mens. Ek het 'n passie vir diere en geniet dit om te kan saai. Ek, as vierde generasie op die plaas, voel ek het 'n verantwoordelikheid om die familie naam hoog te hou en vir nog vele generasies te kan laat voort bou. Ek is sosiaal en geniet geselskap. Ek hou van die natuur en buitemuurse aktiwiteite. Ek is hardwerkend, eerlik, lojaal en spontaan. Wat jy sien is wat jy kry. Ek is 'n familie-mens, my vriende en familie is vir my 'n prioriteit. Ek is 'n sport liefhebber en is self nog fisies aktief. Ek ry perd, ek is gesondheidsbewus, speel rugby en oefen graag na 'n lang dag op die plaas. Ek is vriendelik en hou van nuwe vriende maak. Ek hou van jag, kamp ,roei, visvang en reis. Ek geniet dit ook om die onbekende in die gesig te staar.   

 

Wat is die belangrikste lesse wat jy uit vorige verhoudings geleer het?

Wees die tipe persoon wat jy graag sal wil ontmoet.  

Wat sien jy as jou 3 beste eienskappe?

Behulpsaam, vriendelik, opreg.   

Wat sien jy as jou 3 swakste eienskappe?

Ek oordink soms situasies, ek is te perfektionisties, ek is soms te trots om vir hulp te vra.  

Sien jy jouself as romanties? Beskryf jou ideale romantiese afspraak:

Verseker. Ek sien my ideale afspraak as een waar albei betrokke partye gemaklik kan verkeer, weg van geraas en mense. Ek sien my ideale romatiese afspraak as iets buite albei se gemak sone, iets nuuts, om soveel moontlik van die persoon te leer en ook te sien hoe hulle sou reageer en optree in vreemde situasies.

Nelis
Tyson
Petre