Logo
Boer soek 'n vrou S14 Slim

#BoerNelis

Nelis

Ouderdom: 32  

Tipe Boerdery: Vee   

Huistaal: Afrikaans   

Hoogste akademiese kwalifikasie: CA(SA)  

Belangstellings: Jag, visvang, buitelewe, musiek en die mooi in die lewe.  

Kinders: Geen   

Huwelikstaat: Ongetroud   

Area: Heidelberg, Gauteng 

Vertel ons in minder as 50 woorde watter eienskappe jy in jou ideale vrou/maat soek:

Ek is opsoek na ‘n lewensmaat saam met wie ek elke dag die mooi in die lewe kan geniet. Sy moet gemaklik wees met haarself, hou van avonture en gereed wees om die lewe aan te gryp. Ek soek iemand sonder drama en voorgee, iemand wat spontaan kan lag en speel en met wie ek oor die toekoms kan droom en dit laat waar word.

  Gee ons ‘n kort opsomming van wie jy is en wat jou stokperdjies is:

Ek is ‘n doelgerigte, hardwerkende sakeman en boer wat hou van visvang, jag en alles wat lekker is. Ek is altyd ‘n bok vir sports en reg vir enige avontuur.   

Wat is die belangrikste les/lesse wat jy uit vorige verhoudings geleer het?

Kyk die kat altyd goed uit die boom, maar moet nie te versigtig wees nie. Jy mag dalk net ‘n goue geleentheid misloop.   

Wat sien jy as jou 3 beste eienskappe?

Hardwerkend, spontaan, nederig   

Wat sien jy as jou 3 swakste eienskappe?

Versigtig, perfeksionisties, gedrewe   

Sien jy jouself as romanties? Beskryf jou ideale romantiese afspraak:

Beslis! Ek en jy, lekker kampvuur, goeie wyn en ‘n dik steak onder die volmaan op ons plaas naby die dam. 

Mary Louise
Petre
Nelis