Logo
Boer soek 'n vrou S14 Slim

#BoerJohan

Johan

Ouderdom: 28   

Tipe Boerdery: Gemeng (Saai en Vee)  

Huistaal: Afrikaans   

Hoogste akademiese kwalifikasie: Diploma in Landbou bestuur  

Belangstellings: Teiken skiet Jag  

Kinders: Geen   

Huwelikstaat: Ongetroud     

Area: Marquard, Vrystaat   

Vertel ons in minder as 50 woorde watter eienskappe jy in jou ideale maat soek:

Iemand wat selfvertroue het, maar tog 'n sagte geaardheid het; wat lief is vir diere en omgee vir mense. Christelike waardes het, goed kan kommunikeer en 'n passie het vir wat ookal sy aanpak.

Gee ons ‘n kort opsomming van wie jy is en wat jou stokperdjies is:

28 Jarige boer wat groot geword het op dieselfde grond as wat ek nou nog werk. Groot passie vir die gemengde boerdery, veral die saai. Ek het ‘n groot vriendekring, min of meer dieselfde ouderdom as ek wat ook hier gevestig is, meeste is getroud. Diere liefhebber. Buite aktiwiteite. Teiken skiet en jag is 'n gunsteling tydverdryf. Nie groot op kos maak nie, maar kan myself aan die lewe hou met my webber. Mal oor vas dans, glad nie groot op los dans nie.  

Wat is die belangrikste lesse wat jy uit vorige verhoudings geleer het?

Ek het agter gekom almal verstaan nie altyd hoe die boerdery se verantwoordelikhede mens besig hou nie en hoe onvoorspelbaar dit kan wees. Ek het al gesien ek ontmoet hulle dalk in 'n rustige tyd op die plaas en dan word dit plant tyd en dan verstaan hulle nie hoekom ek nie my volle aandag gee nie, maar die werklikheid is net vir daai 2-3 maande van die jaar vat dit baie fokus en lang ure, maar dit sal altyd lekker wees as sy saam kom en sien hoe dit werk.   

Wat sien jy as jou 3 beste eienskappe?

Goeie luisteraar en ondersteunend. Baie geduld. Stabiele geaardheid.

Wat sien jy as jou 3 swakste eienskappe?

Besluitloos. Nie altyd bewus van tyd nie, swak op my foon, sal eerder 'n oproep verkies. Lewe bietjie soos n “bachelor” in my huis op die oomblik. 

Sien jy jouself as romanties? Beskryf jou ideale romantiese afspraak:

Ek kan romanties wees as dit die regte persoon is. Ideale afspraak: Definitief op die plaas met ‘n buddy seat in die trekker en daarna ‘n picnic vir twee agter op my bakkie terwyl die sonsak. 

 

Hannis
Mary Louise
Johan