Logo
Boer soek 'n vrou S14 Slim

#BoerCarel

Carel

Ouderdom: 29   

Tipe Boerdery: Gemengde Saai- en Beesboerdery   

Huistaal: Afrikaans   

Hoogste akademiese kwalifikasie: Rooiseël - Elektromeganikus (Meulmaker) en Vlieënier (PPL)  

Belangstellings:

Ek lees graag op oor die nuutste boerdery praktyke, tegnologie en toerusting. Ek hou daarvan om ingelig te wees en die nuutste praktyke toe te pas is my boerdery.

Kinders: Geen   

Huwelikstaat: Ongetroud     

Area: Perdekop, Vrystaat

Vertel ons in minder as 50 woorde watter eienskappe jy in jou ideale maat soek:

My ideale vrou moet goeie Christelike waardes hê. Sy moet selfstandig wees en haar eie ideale en drome kan nastreef. Sy moet ook aanpasbaar wees vir enige uitdagings wat moontlik op haar pad mag kom. Sy moet dit geniet om saam vriende en familie te kuier.   

Gee ons ‘n kort opsomming van wie jy is en wat jou stokperdjies is:

Ek leef elke dag my passie uit in die saaiboerdery. In my vryetyd hou ek daarvan om te vlieg. Familie en vriende is vir my belangrik. Wanneer ek nie boer nie hou ek daarvan om tyd saam my familie en vriende te spandeer. Ek geniet dit ook om te jag, te skiet vir pret en motorfiets te ry. 

Wat is die belangrikste les/ lesse wat jy uit vorige verhoudings geleer het?

Kommunikasie is die belangrikste bousteen van ‘n verhouding. Ek glo dat jy met jouself en jou pasmaat moet eerlik wees ten alle tye. Sien mekaar se goeie en slegte eienskappe raak en vul mekaar aan.

Wat sien jy as jou 3 beste eienskappe?

Hardwerkend, Sageaard, Nederig

Wat sien jy as jou 3 swakste eienskappe?

Ek het swak luistervermoë en volg my eie kop. Ek toon nie altyd die nodige simpatie nie, maar sal altyd hulp verleen waar dit benodig word. Ek is soms selfsugtig met my eie tyd omdat ek meer tyd aan die boerdery spandeer. Ek vetrou nie maklik nie en dit is vir my moeilik om oor my gevoelens te praat.

Sien jy jouself as romanties? Beskryf jou ideale romantiese afspraak:

Ja, ek glo elke verhouding het sy eie liefdestaal. Die onbeplande avonture in die lewe is die mees kosbare oomblikke. Ek sal dit geniet om mooi plekke in ons land saam my lewensmaat te ontdek.

Albertus
Gerhard
Carel